Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Jan 2022]

Wat om te kyk op Showmax in Januarie ’22


Van die tweede seisoen van “Euphoria” tot die dodelike (tog snaakse) terugkeer van “Why Women Kill” – daar is ’n lang lys bekroonde reekse en flieks om vandeesmaand op Showmax te stroom.

Wat om te kyk op Showmax in Januarie ’22

Euphoria S2

Die lokprent vir Seisoen 2 van Euphoria is binne slegs 12 uur nadat dit in November uitgereik is, meer as ’n miljoen keer op YouTube gekyk. In die baanbrekende, somtyds omstrede trefferreeks, vertolk Zendaya ’n tienerverslaafde, Rue, wat tussendeur die lief en leed in haar tuisdorp, East Highland, ook hoop probeer vind.

In 2020 het Zendaya (The Greatest Showman, Spider-Man: Far from Home) die jongste aktrise ooit geword toe sy ’n Emmy vir haar spel in dié dramareeks gewen het. Boonop is die reeks in 2019 as beste drama by die People’s Choice-toekennings aangewys. Die reeks is ook wyd geloof en bekroon vir sy musiek, lirieke, grimering en kostuums.

Euphoria het ’n 8.4/10-gradering op IMDb en ’n 90% kritici-gradering op Rotten Tomatoes. 

Sam Levinson, die reeks se skepper, neem weer die leiding van die tweede seisoen se agt episodes.

Elke Maandag vanaf 10 Januarie, express from the US.

Dr. Death

Dié reeks was tot onlangs op DStv beskikbaar, en is nou op Showmax indien jy, vir watter onverklaarbare en onverstaanbare rede ook al, dit nog nie gesien het nie.

Ons almal ken ’n dr. Christopher Duntsch – iemand wat glo die reëls geld nie vir hulle nie. Met daardie sonderlinge arrogansie bars hulle deur die lewe, dikwels ten koste van ander.

Maar Duntsch, die Dr. Death van die titel, is dáái tipe doos in oortreffende trap. Sy arrogansie, sy God-kompleks, is ook deur ’n bloedspoor vergesel.

Dr. Death is ’n prysenswaardige blik op hoe iemand, vir so lank, met dodelike dade kon wegkom. Dis nie net hy wat vir die vermorselde ruggraat van ’n pasient, of die voorkombare dood van ’n ander, of operasie na operasie wat véél meer pyn as verligting gebring het, moet boet nie. Nee, ook die korporatiewe gesondheidsbedryf wat winste bo lewens geplaas het, moet voor stok gekry word. 

Die reeks is, soos die gelyknamige podcast wat dit voorafgegaan het, gegrond op ware gebeure. Hier word dit binne ’n fiktiewe arena geplaas met nougesette, meevoerende ertolkings deur Joshua Jackson (Duntsch), en Alec Baldwin en Christian Slater as dokters Robert Henderson en Randall Kirby.

Dit was Henderson en Kirby wat eerste onraad vermoed het nadat Henderson ingeroep is ná een van Duntsch se operasies erg skeefgeloop het. Dit het gou duidelik geword dat dit beslis nie die eerste verbroude operasie was nie –trouens, hoe meer vrae hulle gevra het, hoe nader het die hele situasie aan waansin gegrens. Totdat dit uiteindelik sou blyk dat die waarheid werklik, en heeltemal, waansinnig is.

Dít ten spyte was dit ’n opdraende stryd om Duntsch verantwoordbaar te hou.

Jackson beeld die traak-my-nieagtige houding van Duntsch só uit dat jy as kyker later ’n amperse tasbare haat vir hom ontwikkel.

Vanaf 1 Januarie.

In Treatment S4

Meer as ’n dekade na die derde seisoen van die bekroonde drama, vertolk die Emmy-wenner Uzo Aduba (Mrs. America, Orange Is The New Black) die empatiese terapeut dr. Brooke Taylor, wat by die eerste drie seisoene se Gabriel Byrne as dr. Paul Weston oorneem.

Die eerste seisoen is in 2008 uitgesaai en het gedraai om Weston, ’n psigiator wat sy eie vermoëns en motiewe begin bevraagteken en hulp soek by sy voormalige mentor en terapeut Gina Toll.

Vir die vierde seisoen van In Treatment is die meevoerende Aduba benoem vir ’n 2021-Emmy as beste aktrise en ding ook mee in vanjaar se Golden Globe-toekennings as beste aktrise in ’n drama. Soos Variety sê, is Aduba “bewys as een van die noodsaaklike akteurs van die 21ste eeu.”

Die Aduba-geleide weergawe het ‘n 95% kritici-gradering op Rotten Tomatoes en is as een van die beste TV-programme in 2021 beskryf. 

Die seisoen se rolverdeling spog met ’n wye verskeidenheid bekroonde sterre soos John Benjamin Hickey (The Big C, The Good Wife), Charlayne Woodard (Pose, Law & Order: Special Victims Unit), en Joel Kinnaman (House of Cards, The Killing).

Die reeks se struktuur bly getrou aan die vorige seisoene: elke episode fokus op ’n enkele pasient. 

Vanaf 1 Januarie.

Why Women Kill S2

Why Women Kill is ’n besonderse Amerikaanse donker komedie-drama en geskep deur Marc Cherry. Die reeks speel af op verskillende tydstippe en draai om die gebeure wat die vroue-karakters tot moord gedryf het. Veral Lucy Liu was uitmuntend in die eerste seisoen.

Die Emmy-benoemde Allison Tolman (Fargo, Good Girls) is hierdie seisoen se hoofkarakter as Alma Fillcot, ’n fleurige huisvrou in die 1940’s wat desperaat is om by ’n eksklusiewe plaaslike tuinbouklub aan te sluit. Ja, wraggies ’n tuinbouklub. 

Die tweede seisoen van dié heerlike (maar dodelike!) anthology-reeks het ’n 8.3/10-telling op IMDb, met ’n 83% kritici-gradering op Rotten Tomatoes.

Smother S1

Die geheime lê diep in die nuwe Ierse BBC-drama-riller Smother.

Wanneer Val Ahern se man, Denis, die oggend ná ’n gesinspartytjie dood aangetref word, begin Val die gebeure van die vorige aand ondersoek. Maar, soos sy dieper in haar familie se geheime delf, besef sy die impak wat haar oorlede man se manipulerende gedrag op elke lid van die gesin gehad het…en hoe dit tot sy dood kon gelei het. 

Smother is reeds vir ’n tweede seisoen hernu en die riller word in The Guardian as “heeltemal verslawend” beskryf. 

Vanaf 1 Januarie.

Bulletproof S3

Die finale seisoen van die gewilde Britse aksiedrama Bulletproof speel in Kaapstad af, as die Londense NCA-agente Bishop en Pike besluit om op vakansie te gaan. Dit draai egter as alles behalwe ontspanne uit as ’n vriend van Pike se dogter ontvoer word en hulle tot aksie oorgaan.

Die spesiale drie-episode seisoen is in Kaapstad verfilm met hoofsaaklik Suid-Afrikaanse spanne en rolverdeling, wat beteken dat benewens reekssterre Ashley Walters, Noel Clarke en Jason Maza, plaaslike sterre soos SAFTA-wenner Kim Engelbrecht (Reyka), Thapelo Mokoena (Trackers), en Paul du Toit (Kompleks) ook te sien is.

Vanaf 1 Januarie.

Promising Young Woman

Almal het gesê Cassie (Carey Mulligan in ’n Oscar-benoemde vertoning) was ’n belowende jong vrou…totdat ’n lewensveranderende voorval haar toekoms skielik ontspoor. Maar niks in Cassie se lewe is wat dit blyk te wees nie: sy is goddeloos slim, tergend slinks, en sy leef snags ’n geheime dubbellewe. ’n Onverwagse ontmoeting gee dan vir Cassie ’n kans om die gevolge van die verlede te verander.

Skrywer-regisseur Emerald Fennell (Killing Eve, Call the Midwife) het die 2021 Oscar gewen vir beste oorspronklike draaiboek – net een van 110 toekennings wat die rolprent ontvang het.

Promising Young Woman het ’n 90% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, waar die kritici se konsensus sê: “’n Dapper, uitlokkende, tydige riller. Promising Young Woman is ’n gunstige rolprentdebuut vir skrywer-regisseur Emerald Fennell – en ’n loopbaanhoogtepunt vir Carey Mulligan”.

Vanaf 20 Januarie.

This Is Not A Burial, It’s A Resurrection

Wyle, legendariese aktrise Mary Twala vertolk in This Is Not A Burial, It’s A Resurrection ’n weduwee in Lesotho wat haar lewenslus herontdek as haar dorpie deur die bou van ’n reservoir bedreig word.

Die fliek het talle internasionale toekennings ingepalm, insluitend die Visionary Filmmaking-prys by Sundance 2020 vir die regisseur Lemohang Jeremiah Mosese en beste kinematografie by FESPACO 2021 vir Pierre de Villiers.

This Is Not A Burial, It’s A Resurrection is #5 op MetaCritic se lys van die beste geresenseerde films van 2021, met ’n 91% kritici-gradering.

Vulture het dit “die eerste meesterstuk van 2021” genoem.

Vanaf 3 Januarie.

Ook nuut: 

1 Januarie

  • Fall River
  • Blaze and the Monster Machines S5
  • Danger Force S1
  • It’s Pony S1

3 Januarie

  • Barkers: Mind the Cats! 
  • My Old Lady 
  • Miracle Season 
  • The Glass Castle
  • Wonder Woman 1984
  • Miss Juneteenth

4 Januarie

  • Insecure – The Final Season Documentary

6 Januarie

  • Extraction
  • Finding Your Feet
  • Tarzan 
  • Uptown Girls

7 Januarie

  • Girls Can’t Surf

10 Januarie

  • At Any Price 
  • Churchill
  • Disconnect 
  • The Girl in the Spider’s Web

13 Januarie

  • 02:22 
  • Last Passenger 
  • Life and Nothing More
  • Soul Plane

14 Januarie

  • Deer Squad S1

17 Januarie 

  • A Cold Hard Truth
  • Better Living With Chemistry
  • Lost in London
  • Miss Sloane 

20 Januarie

  • A Little Chaos
  • Den of Thieves
  • Dragon Eyes

24 Januarie

  • In Dubious Battle
  • Journey’s End
  • Thank You For Your Service
  • Six Minutes to Midnight

27 Januarie 

  • Emperor
  • Fruits of the Heart
  • Gringo

31 Januarie

  • Are You Afraid of the Dark S2  
  • Mile 22 
  • Marrowbone
  • Unlocked

Stroom nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies