Menu terloops
In Lysie-lysie [12 Des 2021]

5 sluiperreekse wat jy misloop…en dadelik moet kyk!


Wat om te kyk: ‘Barry’ en ‘Get Shorty’ tel onder die sluiperreekse op Showmax wat jy perdalks tot nou misgeloop het – en definitief die moeite werd is om by jou kyk-lysie te voeg.

Deur Watkykjy
5 sluiperreekse wat jy misloop…en dadelik moet kyk!

Hoe dikwels gebeur dit dat ’n film of TV-reeks se plakkaat jou nie regtig beïndruk met die eerste oogopslag nie? Ons vra gereeld op sosiale media vir voorstelle oor wat om te kyk want “ek het al alles gesien!” News flash: jy het nie! Jy mis op enige gegewe oomblik uit op ’n topklas reeks of tien. Ons noem hulle sommer sluiperreekse.

Ons het vyf, awesome sluiperreekse reekse uitgesoek wat jy moontlik NIE vanjaar gekyk het nie, en dus definitief op uitgemis het. Ons het sommer ook die reekse se gradering op die rolprentwebwerf, IMDB, bygevoeg as ’n bietjie ekstra motivering. Jy’s welkom!. 

1


IMDB-gradering: 8.2

Get Shorty is ’n absoluut briljante remake van die gelyknamige 1995 trefferfliek (met John Travolta in die hoofrol) – hierdie keer in ’n TV-reeksformaat.

As jy vertroud is met Chris O’Dowd se karakter, Roy Trennerman, die onbekwame IT-boffin van The IT Crowd, gaan jy uit die veld geslaan wees met sy vertolking van Miles Daly, ’n hardegat gangster wat poog om van beroep te verander en homself in Hollywood as ’n filmmaker te vestig. 

Voorspelbaar genoeg haal sy ou lewe hom in as ou kollegas (lees: misdaadbase) se sake verstrengeld met sy nuwe lewe in die rolprentwêreld raak.

Bonus: As jy nie ’n aanhanger van Ray Romano is nie, gaan jy skielik een word en baie respek vir hom kry!   

(Die motor wat O’Dowd se karakter, Miles, bestuur, is dieselfde as wat Ryan Gosling in die film, La La Land, bestuur.)

2

IMDB-gradering: 8.3

Terwyl ons nou by aksiebelaaide, donker, gangster-komedies is, kan jy net sowel Barry ook op jou lysie sit.

Weereens het ons te doen met ’n misdadiger wat ’n nuwe blaadjie wil omslaan. Hierdie keer in die vorm van Barry (Bill Hader), ’n huurmoordenaar wat aan depressie lei.

Oortuig daarvan dat hierdie sy laaste hit sal wees, reis Barry na Los Angeles om ’n akteur uit te haal wat met ’n gevaarlike mobster-baas se vrou slaap. Hy volg die man tot in ’n toneelspelklas. Maar, in plaas daarvan om hom af te maai, gebeur iets onverwags. Hy is heeltemal in vervoering oor die groep amateur, tog gretige en hoopvolle akteurs. Hy sluit by die groep aan en dit maak hom selfs meer vasbeslote om ’n nuwe lewe te begin.

Sy bloedbevlekte verlede dreig egter deurentyd om sy planne te ontspoor.    

3

IMDB-gradering: 8.0

Danny McBride blyk geniaal en stapelgek tegelykertyd te wees en enige projek waarby hy betrokke is, behoort tot kultusstatus verhef te word.

In die fantastiese donker komediereeks, Vice Principals, sien ons twee totaal verskillende onderhoofde wat dit teen mekaar uitspook in ’n epiese magstryd om die nuwe hoof van ’n hoërskool te word.

Aan die een kant het ons vir Neal Gamby (McBride),  die gewilde ou, en aan die ander kant sy teenstander, die uitgeworpene nerd/loser, Lee Russel (Walton Goggins). As die superintendent egter die pos aan ’n vrou van ’n ander distrik toeken, span die twee vyande kragte saam om haar lewe hel te maak.

Die oorspronklike konsep was vir ’n vollengte film bedoel. Ons kan net dankbaar wees dat dit uiteindelik oor twee seisoene kon afspeel.

Jy gaan reeds in die eerste episode rol van die lag, teen die tweede episode gaan jy moontlik “WTF?” hardop uiter. En dan, as jy jou weer kry, is jy deur al 18 episodes en gaan jy dit wéér wil kyk. Hierdie reeks se teks is nou maar net skryfwerk uit die boonste rakke.  

4

IMDB-gradering: 8.0

Ons is nog nie klaar met Mnr. McBride nie. The Righteous Gemstones, geskep deur Danny McBride, volg ’n wêreldberoemde televangelist-familie wat hul skynheilige liefdadigheidswerk as ’n front vir hul absolute hebsug gebruik.

Danny het in die regte lewe self in ’n kerk grootgeword. Daar het sy ma puppet ministry gedoen (“marionetbediening” in Afrikaanse klink verkeerd en werklik vreesaanjaend!). Die idee met die reeks was dus nie om geloof te bash soos wat dikwels die geval in Hollywood is nie. Dit is eerder om die magdom skynheiligheid van hierdie vir-profyt “gelowige” instellings uit te lig en aan te spreek.    

John Goodman en Adam DeVine sluit by McBride aan waar hul karakters super weelderige lewens lei wat deur hul lojale volgelinge befonds word. Hierdie leefstyl word bedreig deur hul eie donker geheime wat op die lappe kom.

Devine het sy rolvertolking gegrond op charismatiese TV-pastore wat poog om rykes en bekendes te bekeer en na hul kerke te lok.

Hoekom dink ek skielik aand Tom Cruise…? 

5

IMDB-gradering: 8.2

Al ooit gehoor van ’n sci-fi murder mystery wat ook ’n dokter-dramedy is? Nee? Wel, ek belowe dat dit jou mateloos sal beïndruk! Maak gereed vir kinkels en kabels en ’n buitengewone TV-ondervinding.

Resident Alien is gegrond op ’n 2012-strokiesprentreeks uit die pennevrug van Peter Hogan en Steve Parkhouse uitgegee deur Dark Horse Comics. Laasgenoemde is ook verantwoordelik vir Frank Miller se ikoniese graphic novel, Sin City.

In kort draai die verhaal om ’n ruimtewese wat tydens ’n missie om planeet aarde te verwoes in ’n woeste weerligstorm in die sneeubedekte Rocky Mountains neerstryk en sy ruimtetuig beskadig. Hy vind sy weg na die naaste dorpie, Patience, Colorado waar hy die identiteit (en liggaam!) van Dr. Harry Vanderspiegel oorneem om sodoende sonder te veel ongewenste aandag tussen die inwoners van die dorpie te kan rondbeweeg.   

“Harry” moet gewoond raak aan sy nuwe menslike liggaam en bestudeer ’n klomp ou Law & Order-episodes waarop hy sy gedrag en maniertjies skoei. Die gevolge is skreeusnaaks. Dit blyk effektief te wees want almal in die dorpie is in elk geval te behep met hulle eie doen en late om enige onraad te vermoed… Dis nou almal behalwe vir die burgemeester se tienjarige seuntjie, Max. Max is die enigste een wat sy ware alien-vorm kan sien en gevolglik Harry se geheim bedreig.  

Alan Tudyk vertolk die rol van Harry absoluut briljant en hy word ondersteun deur ’n baie sterk rolverdeling.

Jy gaan gaan hierdie reeks wil binge!

(Goeie nuus: seisoen 2 het reeds die groen lig ontvang!)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies