Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Apr 2022]

Wat om te kyk op Showmax in April 2022


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: ‘Bel-Air’, ‘Yellowjackets’, en die hoogs aangeskrewe dokkie, ‘The Alpinist’, tel onder die stroomdiens se nuwe reekse en flieks wat jy nie moet misloop nie.

Wat om te kyk op Showmax in April 2022

Die 90s-sitkom, The Fresh Prince of Bel-Air, is waar talle mense die Oscar-bekroonde Will Smith vir die eerste keer leer ken het.

Anders as Fresh Prince is dié herverbeelding van Smith se lewensveranderende skuif van Philadelphia na die luukse Bel Air-woonbuurt in Los Angeles, ’n dramareeks en ook in realisme gewortel. Dit speel immers in hedendaagse Amerika af en tydige sosiale temas word vanuit ’n Swart perspektief in oënskou geneem. 

Die reeks spruit uit die gelyknamige kortfliek wat in 2019 vrygestel is en die nuweling-akteur Jabari Banks speel die rol van Will. 

Hoewel daar baie buzz om die vrystelling van die reeks was, was die aanvanklike ontvangs egter louwarm. Dit het tans ’n punt van 66% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, maar Empire Magazine het tog hoop: “’n Gewaagde herverbeelding wat die kern van die oorspronklike reeks behou, terwyl belangrike sosiale temas vanuit ’n outentieke, Swart perspektief verken word.”

Stroom vanaf 1 April.

Yellowjackets S1

Yellowjackets is vroeër vanjaar op DStv uitgesaai en dit het uithou en aanhou geverg om ná elke episode se cliffhanger-oomblik ’n hele (uitmergelende) week te wag om te sien wat volgende gebeur. (Dis hoe binge-kyk ons bederf met instant satisfaction!)

Jy is, in ’n mate, eintlik werklik geseënd as jy Yellowjackets nou eers reeks ontdek – die volledige eerste seisoen is nou op Showmax. Binge-ready. Niks gewag vir jou nie! Maar andersyds is die reeks ook gepas om met pouses te ontvou – juis omdat die kinkels so volop is.

Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Nadat hul vliegtuig neerstort, is dit ’n stryd om 19 maande lank te oorleef voordat die groep oorlewendes uit die wildernis gered word. 

Die reeks maak gebruik van terugflitse met twee groepe fantastiese akteurs wat die karakters in hul troebel hedendaagse bestaan en hul ewe troebel verlede – geklad met hul verval in waansin en kannibalisme in die wildernis – vertolk. 

Dit het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en eersdaags volg ’n tweede seisoen.

Stroom vanaf 1 April.

I’m Fine (Thanks for asking)

Covid-19 eis baie slagoffers. Sommiges sterf aan dié virus; ander word finansieel verpletter, dikwels honger, sonder hoop, op straat gelaat. 

Dís dan die grondslag-tema van I’m Fine (Thanks for Asking)

As ’n ma wat op straat beland nadat haar man sterf, oortuig sy haar agtjarige dogtertjie dat hulle eintlik vir die pret kamp. Intussen probeer sy ook om ’n werk, en ’n dak oor hul koppe, te kry. 

Die fliek is met minimale fondse in die lewe geroep, maar dit is veel meer werd as die Amerikaanse regering se beperkte koronavirus-stimulustjeks wat twee studente-vervaardigers gebruik het om die projek te finansier. Kelley Kali en Angelique Molina se prent het ’n feesliefling geword en dit spesiale erkenning deur die beoordelaars van die 2021 SXSW-fees in Austin, Texas besorg. I’m Fine (Thanks for Asking) het ’n 95% kritici-gradering op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met RogerEbert.com wat dit as “’n wonderlike rit, volop charisma en hart” beskryf.

Stroom vanaf 21 April.

Waiting for Goldman

Mikey en Clinton word aangestel om die finansiële makelaar Ivan Goldman te vermoor. Daar’s net ’n kleine ou probleempie…hulle weet nie hoe hy lyk nie.

Waiting for Goldman is geskryf en geregisseer deur die dubbele SAFTA-wenner Ari Kruger. Kruger is ook mede-skepper van Tali’s Wedding Diary en dié se opvolgreeks, Tali’s Baby Diary. Dis ook nie sy eerste kortfilm oor huurmoord nie – Jakkals 13 is in 2016 vrygestel.

Die kortfilm, met De Klerk Oelofse (Nêrens, Noord-Kaap, Hotel) en David Isaacs (Dwaalster, Hotel) in die hoofrolle, het reeds vier internasionale toekennings gewen. Daaronder tel die prys vir beste akteurspaar vir Oelofse en Isaacs by die 2021 IndieX-filmfees, asook die toekenning vir beste donker komedie by die 2021 Independent Shorts-toekennings.

Stroom vanaf 11 April.

Hotel S5

Die vyfde en finale seisoen van die skreeusnaakse Afrikaanse sitkom, Hotel, se heel heel heel heeeeeel laaste episode (snik) is einde-Maart uitgesaai. Die eerste vier seisoene is reeds op Showmax, met die vyfde een wat vandeesmaand by die versameling gevoeg word.

Die storie speel af by die fiktiewe (super-substandaard) Fransen Hotel in die ewe fiktiewe dorpie van Fransenberg in Mpumalanga. Eens op ’n tyd was dié hotel die dorp se trots. Nou…not so much. Tog probeer die koddige groep (baie onbekwame) personeel hul bes om die hotel se deure oop te hou.

Watkykjy het vroeër vanjaar Hotel só op terloops beskryf:

“Daar was sedert Orkney Snork Nie in die laat-tagtigs weinig Afrikaanse komediereeks met karakters wat Suid-Afrikaners so laat skater én so diep in ons harte gekruip het – dis nou totdat Hotel sowat vyf jaar terug sy buiging op die kassie gemaak het. 

Alle goeie dinge moet egter mos op een of ander tydstip tot ’n einde kom, maar dit maak effens seer wanneer die beste dinge tot ’n einde kom – en hierdie gesogte Afrikaanse mockumentary-komediereeks is van daai tipe klas beste dinge wat die Suid-Afrikaanse TV-landkap betref.” 

Stroom dus al vyf seisoene van dié plaaslike TV-juweel, met akteurs soos De Klerk Oelofse, Beer Adriaanse, Mila Guy en Schalk Bezuidenhout, vanaf 11 April.

Ook op Showmax in April:

1 April 2022

4 April 2022

  • Freddie Mercury: The Final Act
  • Catalyst – Should I Risk It?
  • Dutch
  • Hours
  • Keanu
  • Message in a Bottle
  • San Andreas
  • Zuba S6
  • Ashley Banjo: Britain in Black and White
  • Painting With John 

7 April 2022

8 April 2022

11 April

  • Charlie and the Chocolate Factory
  • Disasters Engineered
  • History of Art
  • The Lake House
  • Magic Mike XXL
  • Umkhokha S1 

14 April 2022

  • 17 Again
  • Blithe Spirit
  • Duidelik Dapper S2
  • Knockaround Guys
  • The Man From U.N.C.L.E.
  • The Naturalist: Coelacanth
  • Pan
  • Zero to Zero
  • The Reckoning

15 April 2022

  • Epstein’s Shadow: Ghislaine Maxwell
  • Last Man Standing: Suge Knight and the Murders of Biggie and Tupac
  • The Battle For Britney: Fans, Cash and a Conservatorship

18 April 2022

  • 10,000 BC
  • Big Idea
  • The Intern 

21 April 2022

  • Analyze This
  • Analyze That
  • Cobra
  • Ingane ‘Yam S2
  • Mal Kamper S1
  • Operation Ouch S3
  • The Boy Behind The Door   

25 April 2022

  • All About the Benjamins
  • Collateral Damage
  • Focus
  • How to Do Stuff Good S2
  • Money Talks
  • Gomora S3

28 April 2022

  • Did I Mention Invention? S2
  • The Great Gatsby
  • Kitt Kittredge: An American Girl
  • The Last Mimzy
  • Music and Lyrics   

HBO-komedies en dokumentêre reekse en films op Showmax (datums sal bevestig word)

Komedies 

  • Ellen Degeneres: Here And Now
  • Ellen Degeneres: The Beginning
  • Flight Of The Conchords: Live In London
  • George Lopez: The Wall – Live From Washington D.C.
  • My Dad Wrote A Porno
  • My Favorite Shapes By Julio Torres
  • Pete Holmes: Dirty Clean
  • Ramy Youssef: Feelings
  • Sermon On The Mount
  • Whitney Cummings: I’m Your Girlfriend
  • Will Ferrell: You’re Welcome America – A Final Night With George W Bush 

Dokumentêre programme

  • Abortion: Stories Women Tell
  • After Truth: Disinformation And The Cost Of Fake News
  • Agnelli
  • Alabama Snake
  • Ali & Cavett: The Tale Of The Tapes
  • Alternate Endings: Six New Ways To Die In America
  • The Alzheimer’s Project
  • Atomic Homefront
  • Becoming Mike Nichols
  • Buzz
  • Finding The Way Home
  • In The Shadow Of The Towers: Stuyvesant High On 9/11
  • It’s A Hard Truth Ain’t It
  • Jane Fonda In Five Acts
  • Kill Chain: The Cyber War On America’s Elections
  • King In The Wilderness
  • Koran By Heart
  • Lindsey Vonn: The Final Season
  • Magic & Bird: A Courtship Of Rivals
  • Mann V. Ford
  • Mommy Dead And Dearest
  • Moonlight Sonata
  • Newspaperman: The Life And Times Of Ben Bradlee
  • The Number On Great-Grandpa’s Arm
  • One Nation Under Stress
  • Scheme
  • The Song Of Parkland
  • Spielberg
  • True Justice: Bryan Stevenson’s Fight For Equality
  • What Happened On September 11 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies