Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Nov 2022]

Wat om te kyk op Netflix in November 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Sherlock se suster maak amok in ‘Enola Holmes 2’; die laaste seisoen van die donker komedie-dramareeks ‘Dead to Me’; en die derde seisoen van die plaaslike trefferreeks, ‘Blood & Water’.

Wat om te kyk op Netflix in November 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top–keuses.

Neem asseblief kennis dat titels, datums en tye moontlik kan verander.

Blood & Water S3

Blood & Water draai om die tiener Puleng Khumalo (Ama Qamata) en haar suster, Phume, wat kort ná haar geboorte uit die hospitaal ontvoer is. Dan ontmoet sy vir Fikile Bhele (Khosi Ngema), ’n sterswemmer aan ’n privaatskool in Kaapstad. Kort voor lank wonder sy of Fikile nie eintlik haar vermiste suster is nie.

Ná afloop van die senutergende finale episode van die tweede seisoen, tel die derde seisoen op met Fikile en Puleng wat stadig (baie stadig), maar seker al nader aan die waarheid kom. Maar hul soeke is nie sonder gevaar nie.

Vanaf 25 November op Netflix.

Nog plaaslike reekse:

Blockbuster S1

Timmy Yoon (Randall Park) is ’n analoog-dromer wat in ’n 5G-wêreld leef. Letterlik. Hy het immers sy hele volwasse lewe aan sy liefde vir flieks gewy deur eers by die videowinkel in sy tuisdorp te werk en later as bestuurder oor te neem. Soos tegnologie oor die jare verander maak die een ná die ander videowinkel toe. Dan kom die oproep – sy Blockbuster Video is die laaste een oor. In die hele wêreld. Timmy en sy werknemers moet bontstaan om die plek oop te hou. 

Park (Fresh Off The Boat, Always Be My Maybe) is nommerpas as Timmy en die res van die rolverdeling pas gemaklik by sy ekstra-droë-humorsin aan. Melissa Fumero (Brooklyn Nine-Nine) en Olga Merediz (In the Heights, Encanto) is veral goed om die draaiboek met genuanseerde physical comedy in te kleur. Die bekroonde akteur J.B. Smoove (Curb Your Enthusiasm) maak dié komediereeks ekstra lekker met sy kenmerkende spel-mannerismes wat ’n mens, soos met Jennifer Coolidge se spel in Two Broke Girls, na verlang as jy dit vir ’n ruk lank nie ervaar het nie.

Vanaf 3 November op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Enola Holmes 2

In die tweede Enola Holmes-fliek, sien ons hoe Enola soos haar berugte broer, die geliewe Sherlock, haar eie speuragentskap oopmaak. Maar dinge verloop alles behalwe klopdisselboom en sy sukkel om kliënte te kry. Dan skuifel daar ’n jong, brandarm meisie by haar kantoor in met ’n versoek waarvoor sy nie kan nee sê nie: Vind asseblief dié se vermiste suster. Die saak is vol kinkels en gevaarlike draaie wat op ’n dodelike sameswering dui. As Sherlock besef die haas onoplosbare saak waarmee hy so sukkel met Enola s’n verbind is, moet die twee saamspan om die raaisel te ontsyfer.

Die fliek is, soos sy voorganger, gegrond op Nancy Springer se Enola Holmes Mysteries-boekereeks. Onder die rolverdeling tel Millie Bobby Brown (Stranger Things) as Enola, en Henry Cavill (The Witcher) as Sherlock, asook Helena Bonham Carter (The Crown) as hul ma. 

Vanaf 4 November op Netflix.

Elite S6

Hope en hope drama wag in die nuwe seisoen van een van Netflix se gewildste reekse, die Spaanse drama, Elite

Die sesde seisoen tel op ná nog ’n Las Encinas-student se dood met die skool wat sy elite reputasie probeer beskerm. Makliker gesê as gedaan – dit blyk die studente is moeg daarvoor dat sistemiese probleme soos rassisme, seksisme, mishandeling en LGTBI-fobie onder die mat gevee word. 

Daar is ook twee nuwe studente. Isadora is die jong erfgenaam van ’n groot nagklub-sakeryk, en Iván is die seun van die wêreld se grootste sokkerster. 

Die nuwe seisoen is die eerste een waarin daar glo geen van die karakters van die eerste drie seisoene (steeds die bestes, as jy my vra…) verskyn nie.

Vanaf 18 November.

Dead to Me S3

Jen en Judy keer terug vir die derde en laaste seisoen van hierdie briljante komedie-drama. Die skryfwerk is slim, die spel is skerp, en jinne, ek gaan dié karakters mis. Die onwaarskynlike vriendskap tussen Jen en Judy is wat die storielyn so meesleurend maak. 

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat dit juis die uithalerspel van beide hoofspelers, Christina Applegate en Linda Cardellini, is wat die reeks verhef.

Vanaf 17 November op Netflix beskikbaar om te stroom.

Nog soortgelyke kykstof:

Ook nuut op Netflix in November:

1 November 2022

  • Young Royals: S2 – Netflix Series
  • The Takeover  – Netflix Film
  • Gabby’s Dollhouse: S6- Netflix Kids & Family Series

2 November 2022

  • Killer Sally – Netflix Documentary 

3 November 2022

  • Panayotis Pascot: Almost – Netflix Comedy Special
  • The Dragon Prince: Season 4- Netflix Kids & Family Series

4 November 2022

  • The Fabulous- Netflix Series
  • Buying Beverly Hills- Netflix Series
  • Manifest: Season 4 Part 1- Netflix Series
  • Ẹlẹṣin Ọba: The King’s Horseman – Netflix Film
  • Lookism – Netflix Series

5 November 2022

  • Orgasm Inc: The Story of OneTaste – Netflix Documentary 

7 November 2022

  • Deepa & Anoop: Season 2- Netflix Kids & Family Series

8 November 2022

  • Behind Every Star- Netflix Series
  • Triviaverse – Netflix  Special
  • The Claus Family 2 – Netflix Film
  • Neal Brennan: Blocks- Netflix Comedy Special

9 November 2022

  • The Soccer Football Movie – Netflix Film
  • FIFA Uncovered – Netflix Documentary 
  • The Crown: Season 5- Netflix Series (Redakteurskeuse)

10 November 2022

  • Love Never Lies: Destination Sardinia- Netflix Series
  • Warrior Nun: Season 2 – Netflix Series
  • Falling for Christmas – Netflix Film
  • Lost Bullet 2 – Netflix Film
  • State of Alabama vs. Brittany Smith – Netflix Documentary 

11 November 2022

  • Down to Earth with Zac Efron: Season 2: Down Under – Netflix Series
  • Don’t Leave  – Netflix Film
  • My Father’s Dragon – Netflix Film
  • Monica, O My Darling – Netflix Film
  • Capturing the Killer Nurse – Netflix Documentary 
  • Is That Black Enough for You?!? – Netflix Documentary 
  • Ancient Apocalypse – Netflix Documentary 

14 November 2022

  • Stutz – Netflix Documentary 
  • Teletubbies – Netflix Kids & Family Series

15 November 2022

  • Run for the Money – Netflix Series
  • Deon Cole: Charleen’s Boy – Netflix Comedy Special
  • Jurassic World Camp Cretaceous: Hidden Adventure- Netflix Kids & Family Film
  • Johanna Nordström: Call the Police – Netflix Comedy Special

16 November 2022

  • Mind Your Manners- Netflix Series
  • One of Us Is Lying: Season 2 – Netflix Series
  • Off Track – Netflix Film
  • The Wonder – Netflix Film
  • The Lost Lotteries – Netflix Film
  • Racionais MC’s: From the Streets of São Paulo – Netflix Documentary 
  • In Her Hands – Netflix Documentary 

17 November 2022

  • Christmas with You – Netflix Film
  • I Am Vanessa Guillen – Netflix Documentary 
  • 1899- Netflix Series
  • Pepsi, Where’s My Jet? – Netflix Documentary 

18 November 2022

  • Somebody – Netflix Series
  • Reign Supreme- Netflix Series
  • Inside Job: Part 2 – Netflix Series
  • Slumberland – Netflix Film
  • The Cuphead Show!: Part 3- Netflix Kids & Family Series

21 November 2022

  • StoryBots: Answer Time – Netflix Kids & Family Series
  • My Little Pony: Winter Wishday – Netflix Kids & Family Series

22 November 2022

  • Trevor Noah: I Wish You Would – Netflix Comedy Special (Redakteurskeuse)

23 November 2022

  • Wednesday – Netflix Series (Redakteurskeuse)
  • The Unbroken Voice – Netflix Series
  • Who’s a Good Boy? – Netflix Film
  • The Swimmers – Netflix Film
  • Christmas on Mistletoe Farm – Netflix Film
  • Lesson Plan – Netflix Film
  • Taco Chronicles: Cross the Border – Netflix Documentary 
  • Blood, Sex & Royalty – Netflix Documentary 

24 November 2022

  • First Love- Netflix Series
  • The Noel Diary – Netflix Film

25 November 2022

  • Ghislaine Maxwell: Filthy Rich – Netflix Documentary 

28 November 2022

  • The Action Pack Saves Christmas – Netflix Kids & Family Film

29 November 2022

  • Romesh Ranganathan: The Cynic – Netflix Comedy Special
  • Crime Scene: The Texas Killing Fields – Netflix Documentary 

30 November 2022

  • Snack VS. Chef – Netflix Series
  • My Name Is Vendetta – Netflix Film
  • The Lost Patient – Netflix Film
  • A Man of Action – Netflix Film
  • Take Your Pills: Xanax – Netflix Documentary 
  • The Creature Cases: Season 2 – Netflix Kids & Family Series

Ander (reekse en flieks wat nie deur Netflix vervaardig is nie):

1 November 2022 

  • Knuckle City 
  • The Craigslist Killer 
  • Little Man 
  • Forrest Gump 

16 November 2022

  • Girls Trip 

18 November 2022

  • The Tokoloshe

21 November 2022

  • Rick and Morty: S6  

24 November 2022

  • Birds of Prey (And the Fantabulous Emancipation of One Harley Quinn) 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies