Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Okt 2022]

Kyk nou: Nuwe ‘Blood & Water’-lokprent terg oor selfs meer geheime, drama in derde seisoen


Die eerste lokprent vir die derde seisoen van Netflix se uiters gewilde plaaslike reeks, ‘Blood & Water’, dui op nog baie drama wat in die karakters se lewens gaan ontvou.

Kyk nou: Nuwe ‘Blood & Water’-lokprent terg oor selfs meer geheime, drama in derde seisoen
Kyk lokprent

Die derde seisoen van die gewilde plaaslike en internasionale treffer, Blood & Water, is vanaf 25 November op Netflix beskikbaar om te stroom – en van wat ons uit die mini-lokprent vir die nuwe seisoen kan aflei, is steeds geen jagter so relentless soos die waarheid nie…

Blood & Water draai om die tiener Puleng Khumalo (Ama Qamata) en haar suster, Phume, wat kort ná haar geboorte uit die hospitaal ontvoer is. Dan ontmoet sy vir Fikile Bhele (Khosi Ngema), ’n sterswemmer aan ’n privaatskool in Kaapstad. Kort voor lank wonder sy of Fikile nie eintlik haar vermiste suster is nie.

In die tweede seisoen het Puleng se soeke na waarheid voortgeduur. Sy het ook vir Fikile aangemoedig om ondersoek na haar ware identiteit in te stel. Maar nie almal wou hê die waarheid moes uitkom nie… Daarmee saam het Puleng ook al die “gewone” sagas van tiener-wees deurgemaak.

Ná afloop van die senutergende finale episode van die tweede seisoen, tel die derde seisoen op met Fikile en Puleng wat stadig (baie stadig), maar seker al nader aan die waarheid kom. Gaan ons uitvind wie Fikile se biologiese pa is? Wie is die nuwe gesigte in hul midde en het hulle ook geraamtes wat hulle wegsteek?

Lees ook ons resensie van die tweede seisoen.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies