Menu terloops
In Wat om te kyk [11 Sep 2023]

Wat om te kyk dié week: Rillers en raaisels volop in ‘The Suspect’, ‘Wilderness’, ‘Perry Mason’ en meer


Die rillerreeks ‘The Suspect’ en die tweede seisoen van ‘Perry Mason’ op Showmax; raaisels en verraad in ‘Wilderness’; en stroopsoet romanse in ‘Love at First Sight’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk dié week: Rillers en raaisels volop in ‘The Suspect’, ‘Wilderness’, ‘Perry Mason’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 11 tot 17 September 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Suspect S1

Vanaf 15 September op Showmax.

The Suspect, met Aidan Turner in die hoofrol, is gegrond op Michael Robotham se gelyknamige topverkoperboek. Die storie draai om die kliniese sielkundige dr. Joseph O’Loughlin (Turner) wie se haas perfekte lewe onherroeplik verander as die lyk van ’n jong vrou in ’n vlak graf in Wes-Londen gevind word. Dis die veteraan-polisiebeampte, Vince Ruiz (Shaun Parkes) en sy rookie partner, Riya Devi (Anjli Mohindra), wat besluit om sy hulp in te roep met die ondersoek na dié ontstellende moord. Dan blyk die dokter se held-status, suksesvolle praktyk, en gelukkige gesinslewe in gedrang te wees as dit blyk hy is eintlik op ’n ander manier by die saak betrokke…

The Guardian het die reeks vier uit vyf sterre gegee, en skryf dat “Aidan Turner cranks the creepiness up to 11 in [this] fun, sadistic thriller.

Perry Mason S2

Vanaf 11 September op Showmax. Die vorige seisoen is ook reeds op Showmax beskikbaar om te stroom.

Dié periode-drama  word nie net vir die kostuum- en stelontwerp geprys nie, maar ook vir die vertolkings – veral Matthew Rhys (The Americans) is al telkens uitgewys vir sy spel as the one and only Perry Mason. Die reeks is gegrond op die skrywer Erle Stanley Gardner se bekende Perry-karakter, wat in talle van sy kortverhale en boeke speurder speel.  Die storie speel in die 1930’s af, en in die tweede seisoen met Perry, nou ook ’n prokureur, twee Mexikaanse broers teen ’n moordaanklag op ’n rykmanskind verdedig. 

Die reeks het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Peter Travers van ABC News wat dit as “haunting and hypnotic” beskryf. 

Significant Other

Vanaf 14 September op Showmax beskikbaar.

Significant Other volg ’n jong paartjie wat besluit om op ’n backpacking trip te gaan. Klink heel na ’n lekker avontuur… behalwe dat hulle ná ’n vreemde meteoriet-storting besef hulle is nie so alleen in die woud soos hulle gedink het nie. Dinge vat dan ’n baie, baie donker draai. 

Wilderness

Vanaf 15 September beskikbaar op Prime Video.

Wilderness is gegrond op die gelyknamige roman deur B.E. Jones en vertel die verhaal van Britse paartjie Liv (Jenna Coleman) en Will (Oliver Jackson-Cohen). Dié duifies lyk asof hulle die perfekte lewe saam lei, asof hul brood aan beide kante met Nutella gesmeer is. Maar ons weet mos teen dié tyd dat as iets té goed lyk, dit waarskynlik vrot aan die binnekant is. En siedaar! ’n Affair kom op die lappe en Liv sweer wraak. As Will voorstel dat hulle op ’n road trip gaan om hul verhouding nog ’n kans te gee, begin ’n slinkse plan in Liv se kop te vorm. Romantic getaway? Dink weer. 

Dié sielkundige riller speel op die gut punch wat verraad aan ’n mens se hart en menslikheid toedien. So ook hoe jou vermoëns verbrokkel om daarna sommer enigeen te kan vertrou. 

Love at First Sight

Vanaf 15 September op Netflix.

Hadley en Oliver ontmoet mekaar op ’n vlug van New York na Londen. Dit lyk na die begin van ’n stroopsoet romanse, maar dan verloor hulle mekaar in die chaos van die lughawe nadat hulle geland het. Sal hulle mekaar weer vind, of is hulle tot missed connection-status gedoem?  

Love at First Sight is baie charming – te verwagte aangesien dié romantiese komedie dieselfde vervaardigers as die To All The Boys-franchise het.

Die fliek is gegrond op die trefferboek The Statistical Probability of Love at First Sight, deur Jennifer E Smith met Haley Lu Richardson, Ben Hardy, Jameela Jamil, Rob Delaney, Dexter Fletcher en Sally Phillips as deel van die rolverdeling. 

Wat om nog te kyk…

Vanaf 11 September 2023:

Bait, Showmax
Deep Cover, Showmax
Lenyalo Ha Se Papadi S1, Showmax
The Infernal Machine, Showmax
Mean Girls, Showmax
The Matrix 1-3, Showmax
White House Plumbers S1, Showmax

Vanaf 12 September 2023:

Second Family S2, Showmax
Glow Up: S5, Netflix
Michelle Wolf: It’s Great to Be Here, Netflix

Vanaf 13 September 2023:

The Morning Show S3, Apple TV+
The Hunt For Raoul Moat S1, Showmax
Class Act, Netflix
Freestyle, Netflix
Wrestlers, Netflix
The Murdochs: Empire of Influence S1, Showmax

Vanaf 14 September 2023:

Avoidance S1, BritBox
Fraksie S1, Showmax
Alvinnn!!! And The Chipmunks S1-3, Showmax
If Beale Street Could Talk, Showmax
Jack Reacher, Showmax
Minibods S1, Showmax
Mission Impossible 1-3, Showmax
Mission Impossible: Ghost Protocol, Showmax
Mission Impossible: Rogue Nation, Showmax
Mission Impossible: Fallout, Showmax
Mojave Diamonds, Showmax
Top Gun, Showmax
The York Witches Society, Showmax
Wonder Park, Showmax
Thursday’s Widows, Netflix 
Ehrengard: The Art of Seduction, Netflix 
Once Upon a Crime, Netflix 

Vanaf 15 September 2023:

Miseducation, Netflix 
Surviving Summer S2, Netflix 
The Club S2, Netflix 
El Conde, Netflix 
Inside the World’s Toughest Prisons: S7, Netflix
Death at a Funeral, Showmax
A Million Miles Away, Prime Video 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies