Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Nov 2021]

TV-meesterstuk ‘Nêrens, Noord-Kaap’ kry groenlig vir tweede reeks


Die goeie nuus: ’n tweede seisoen van ‘Nêrens, Noord-Kaap’ kom. Die slegte nuus: jy gaan baie geduldig moet wees…dié trane-drama hervat eers in 2023.

Kyk nou

TV-meesterstuk ‘Nêrens, Noord-Kaap’ kry groenlig vir tweede reeks
Kyk lokprent

kykNET het pas na die afloop van die laaste episode van die dramareeks Nêrens, Noord-Kaap, bevestig dat ’n tweede seisoen gaan volg. 

Nico Scheepers, skrywer-regisseur van die reeks, het aanvanklik aangedring dat dit ’n beperkte reeks van een seisoen moet wees, maar terwyl hy besig was om sy gelyknamige verhoogstuk in ’n TV-drama te omskep, is hy deur inspirasie oorval. 

“Ek het allerhande idees begin kry oor waar die storie kan gaan as daar nog ’n seisoen sou wees,” vertel hy.

“Ek het begin notas maak en teen die einde van episode 13 het ek besef ons het eintlik pas klaargemaak met die eerste deel van ’n reeks wat uit 26 episodes bestaan.”

Hy verklap egter niks oor die storielyn nie, en maan kykers om geduldig te wees. ’n Goeie storie kan nié gejaag word nie.

“Die laaste ding wat die tweede seisoen moet wees, is ‘n halwe kranige opvolger wat in ’n haas geskryf en gemaak is.”

Dus – kykers gaan tot 2023 moet wag.

Die plan is om met dieselfde rolverdeling te werk, se Nico. “Daar sal ’n paar nuwe karakters wees, maar die een ding wat ek vir kykers kan sê, is dat Jan-Jan (Dean Balie) beslis nie Lourens (Frank Opperman) se seun is nie.”

Nico glo Nêrens, Noord-Kaap het by kykers aanklank gevind omdat dit so ’n eerlike, rou en emosioneel gelaaide storie is.

De Klerk Oelofse in Nêrens, Noord-Kaap.
De Klerk Oelofse in Nêrens, Noord-Kaap. Foto: Zaheer Banderker

“Ek het ’n reeks geskryf wat ek in Afrikaans wou sien. Ek wou ’n kant van die Afrikaner wys wat ons soms vergeet – daardie mense wat dieselfde gevegte as die res van ons voer. Ons vaders, ons broers, ons Maggies. Die stadige pas van die reeks was doelbewus. Ons leef in ’n tyd waar Instagram of Facebook jou binne sekondes kan vermaak, maar ek wou presies die teenoorgestelde bereik.”

Hoewel ’n datum nog nie bevestig is nie, sal die eerste seisoen ook eersdaags op Showmax beskikbaar wees. Die versoeking sal daar wees om die 13 episodes te binge, maar dié storie het tyd nodig om in jou siel te verteer. Om té vinnig daardeur te draf sal (heel waarskynlik) die emosionele impak en ervaring van dié TV-meesterstuk verwater.

“Die kykers moet weet niemand is meer lief vir hierdie karakters as ek nie,” voeg Nico by.

“Ek sal nie woorde op papier sit as dit nie die regte woorde is nie. Ek sal eenvoudig nie toelaat dat dit gebeur nie. Om die eerste seisoen te maak, was ’n lang proses, en ek sien daarna uit om weer in my kop na Nêrens te reis om die res van die storie te skryf.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies