Menu terloops
In Wat om te kyk [21 Aug 2023]

TV-hoogtepunte dié week: ‘This Body Works for Me S2’, ‘Unfollowed’ en meer


Wat om te kyk: ‘Unfollowed’, ’n nuwe dokkiereeks op Showmax oor ‘cancel culture’; die tweede seisoen van die opspraakwekkende plaaslike realiteitsreeks ‘This Body Works for Me’; aliens wat die wêreld binneval in ‘Invasion’ se tweede seisoen; en ’n intieme blik op die beroepsjaer Jesse Combs in ‘The Fastest Woman on Earth’ tel onder ons top-keuses om hierdie week aanlyn en op TV te kyk.

TV-hoogtepunte dié week: ‘This Body Works for Me S2’, ‘Unfollowed’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 21 tot 27 Augustus 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Unfollowed S1 

Vanaf Woensdag, 23 Augustus, op Showmax.

Unfollowed is ’n dokumentêre reeks wat die kollig laat val op die fenomeen van cancel culture. Die lens skoei Suid-Afrikaans en só fokus elke episode op ’n ander plaaslike celeb wat onder dié tipe zeitgeist-simptoom gebuk gegaan het. Onder dié tel die sanger Lady Zamar, vermaaklikheidster Phat Jo en die aktrise Zoe Mthiyane (Generations) wat hul ervaring deel van ’n geskende reputasie met ’n loopbaan wat aan ’n draadjie hang.

Die reeks bestaan uit agt episodes wat deur Newzroom Afrika se Thembikile Mrototo aangebied word. 

This Body Works For Me S2 

Vanaf Dinsdag , 22 Augustus 2023, op Showmax.

Soos met die eerste seisoen van dié Showmax-realiteitsreeks, neem This Body Works For Me se tweede aflewering weer die lewens van vroue in die volwasse vermaakbedryf. Dié intieme blik op die verskillende fasette van hul lewens, van verhoudings en loopbane, tot die dinamiek in hul families, het die reeks een van die gewildste op Showmax gemaak en Twitter laat gons. 

Invasion S2

Vanaf Woensdag, 23 Augustus 2023, op Apple TV+

As dit nie vir Sam Neill se vertolking in dié wetenskapfiksiereeks was nie, sou ek dit sonder skroom op die “skip dit eerder”-lys plaas. Neill se spel is immers een van die min redeeming aspekte van Apple TV+ se Invasion waarvan die tweede seisoen hierdie week vrygestel word. Die premis het geweldig belofte – ’n alien invasion word uit verskillende perspektiewe van mense reg oor die wêreld uitgebeeld – en dis dalk juis hoekom dit nie bloot net na ’n eerste seisoen ge-can is nie. En dan is daar natuurlik die Oscar-benoemde vervaardigers Simon Kinberg and David Weil wat dié skip stuur.

Maar wraggies, hierdie is soos om nie met jou kêrel op te breek nie, want jy kan mos die potensiaal in hom sien. Die hier en nou is egter wat tel. En soos met daai kêrel, moet jy nie langtermyndrome vir dié reeks koester nie – dis blote vermaak terwyl jy besluit wat jy regtig wil kyk/hê. 

The Fastest Woman on Earth

Vanaf Woensdag, 23 Augustus 2023, op Showmax. 

The Fastest Woman on Earth is oor die loop van sewe jaar verfilm en boekstaaf die besonderse lewe van die renjaer en TV-persoonlikheid Jessi Combs. Combs is ook bekend as die “Fastest Woman on Four Wheels” sedert sy die vroue landspoedrekord teen meer as 700km/h gestel het. As sy dan genader word met ’n geleentheid wat die algehele rekord binne haar bereik sou plaas, besef sy daar is ook ’n duur prys daarvoor te betaal. 

Dié dokkie is deur die bekroonde broers Simon Chinn (Searching for Sugar Man, Man on Wire) Jonathan Chinn (Black Sheep, Tina, Whitney) vervaardig. 

Decider se resensie het The Fastest Woman on Earth se “uitmuntende vertelling” geloof en dit ook as “meesleurend, tragies, en fassinerend” bestempel. 

Ook nuut om te stroom hierdie week:

Vanaf 21 Augustus 2023: 

Finnick, Showmax

Money Monster, Showmax

’n Pad Na Oekraïne, Showmax

Vanaf 22 Augustus 2023:

Lighthouse, Netflix 

Vanaf 23 Augustus 2023:

Tarzan van George, Showmax

Destined with You, Netflix 

The Ultimatum: Marry or Move On: S2, Netflix 

Squared Love Everlasting, Netflix

Vanaf 24 Augustus 2023:

Fortress 2: Sniper’s Eye, Showmax

Monkey King Reborn, Showmax

Superfly, Showmax

Ragnarok: S3, Netflix

Baki Hanma: S2 Deel 2, Netflix

Who is Erin Carter?, Netflix

Vanaf 25 Augustus 2023

Nganele S1, Showmax

Wanted: The Escape of Carlos Ghosn, Apple TV+

Killer Book Club, Netflix

You Are So Not Invited to My Bat Mitzvah, Netflix 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies