Jy sal Edwin herken van sy rolle in onder meer Die Pro, Fynskrif en Wonderlus, ook op Showmax.
Oor sy karakter, Theo
Theo (met ’n harde T) en nie Theo nie! (lag) Hy het met baie geld grootgeword en is gewoond daaraan om als te kry wat sy hart begeer. Maar hy het ook grootgeword met ’n streng ma. So daar is hierdie kontras in hom – he expects everything to go his way, maar hy het ook baie goeie maniere. Dis ’n amperse naïwe entitlement. Hy is nie bewus dat sy optrede partykeer as entitled kan voorkom as hy verwag alles moet op sy manier gedoen word nie. Hy bedoel dit net goed. Daar is iets wat sy suster oor hom sê: Hy wil eintlik net álles vir iemand anderste kan bied, vir hulle álles gee. Of dit nou by werk is, en of dit kom by verhoudings. He just wants to give everything, but it becomes too much.
Edwin vs Theo
Ek het oorspronklik gedink ek sal meer van myself in die karakter kan inploeg omdat hy die totale teenpool van David (Armand Aucamp) is. Theo is ’n totale optimis. Dis net positief all the way, en alles is amazing en great. So daar is daardie element van my wat daar inkom, maar waar Nina (Swart, regisseur) hom wou plaas…daar is iets ’n klein bietjie af aan hom. Hy is té. Aan die begin as jy hom ontmoet, gaan jy: ‘What a cool guy!’ En dan is jy soos, ‘wag ’n bietjie… Niemand moet só nice wees nie.’ He pushes it too far.
Theo en Jessica
Aan die begin is dit vriendskap (tussen hom en Jessica). Daar is nie ’n romantiese connection aan die begin nie. Hulle bond oor werk en hoe gedrewe hul albei in hul loopbane is. En dan dink ek raak hy verlief op haar dryf en verlief op haar talent. Hul verhouding is meer speels (as haar verhoudings met David en Liam, vertolk deur Christiaan Schoombie). Dit stel nogal ooreen met my verhouding wat speelsheid en optimisme het, ’n vriendskapbasis.
Wat maak Troukoors uniek?
Wat dadelik by my opkom, is hoe unapologetic dit is. Die temas wat hulle aanspreek en dan ook hóé dit aangespreek word. Hierdie goed (soos biseksualitieit, seks, gay paartjies) is normaal. Dis hoe dit is. We don’t even think about it. En wat hulle hier doen, is presies dit: They don’t even think about it, it just is. Sommige mense sal dink hulle push boundaries, maar eintlik is dit net hoe die realiteit is. Jy ken mense wat net so is, so dit maak sin. Louis-hulle (Louis Pretorius en Albert Snyman, skeppers) het dit pragtig reggekry om nie sentimenteel te raak nie. To be raw and authentic, maar, soos Nina dit beskryf, daar is tog ’n element van vonkelwyn, van bubbles.
Realistiese aanslag
Die tannie van Kakamas sal dalk dink dis gewaagd. Maar ek weet selfs van my vriende sal gaan, ‘well, I haven’t seen that before‘…maar in Afrikaans. Tog, ons almal kyk Netflix en dit is so normaal (om dieselfde tipe goed te sien), maar nou gebeur dit in Afrikaans.
Oudisieproses
Die oudisieproses (vir ’n Showmax-reeks) was anders gewees. Anders, langer en meer intens. Hulle het vir my en Christiaan (Schoombie) gevra om teenoor die Jessica-opsies callbacks oor Zoom te doen, en daar was so baie! Ek dink sewe Jessicas. Dit is eintlik great as akteur om weer in daai plek te kom waar dit (die oudisieproses) weer uitdagend raak – soos dit moet. Jy raak gewoond daaraan dat kykNET en sommige vervaardigers klaar min of meer weet wie hulle in stories wil gebruik…Maar hier was dit oop. Hulle het rerig met fyn oë gekyk. Dit skep ruimte vir akteurs wat nie noodwendig eerste keuse sou wees nie. Daar is ’n hele paar mense (in Troukoors se rolverdeling) wat nie gewoonlik op byvoorbeeld kykNET ge-cast sou word nie. Ons is so excited daaroor. Dis amazing. Selfs in jou tonele saam met hulle is daar ’n ander energie. Jy gaan saam met hulle in ’n toneel en jy weet nie eintlik wat om te verwag nie. Somtyds is dit goed om daai onbekende te hê en dan in ’n toneel mekaar – en die magic – te moet vind.
Oor die intimiteitsköordineerder op stel
Wat interessant was, was om terug te kyk na ander oomblikke op film- of TV-stelle waarop jy was en dan te besef, ‘wow, daai was problematies…’ Die hoofding wat ek daaruit geneem het, was dat dit vir ons ’n taal op stel gegee het om met mekaar oor intimiteit te praat. En dít is baie keer awkward.
Ek het ook ge-partner met Armand Aucamp (tydens die werksessies wat hulle ter voorbereiding moes bywoon). ’n Interessante ding wat gebeur het – as jy so lank vir mekaar in die oë kyk, jy connect. Goed val weg. Dis scary, maar wat ek daaruit geleer het wat vir ander tonele belangrik is, nie noodwendig intieme tonele nie, is om met iemand voor die tyd te connect, om net daar te wees en mekaar te sien sonder verwagtinge. Dit werk om iets te skep wat die akteurs binne die kreatiewe ruimte te bind.
Oor Nina
Ek is so bevoorreg om reeds op Fynskrif met haar te gewerk het. So ek ken haar nou reeds baie goed en ek het baie tyd vir haar. Sy is ’n totale actor’s director, wat lieflik is. Net die manier waarop sy werk met ons en die energie wat sy na die tafel toe bring, is insane. Dis wat dit so lekker maak. En sy maak dit so gemaklik vir jou dat jy nooit aan jouself hoef te twyfel nie. Sy is baie goed daarin om veilige ruimtes te skep. Nie alle regisseurs het die vermoëns om die regte ruimtes te skep nie. En sy het. 100%.
Oor Louis en Albert
As jy saam met Louis en Albert werk, dan weet jy dit gaan super professioneel wees. Hulle hou by ’n struktuur, ’n roetine. Jy voel heeltyd jy weet wat aangaan, wat wonderlik is. Die tekste is vir my…vir my is ’n teks goed of lekker as die woorde maklik geleer word, en hul woorde leer baie maklik vir my.
(Met Troukoors) het dit gevoel asof Louis en Albert in ’n mate meer speels was. Daar’s ’n speelsheid in hierdie teks wat ek nie al voorheen gesien het nie. Hulle is nie net goeie skrywers nie, hulle ken storie ook baie goed. Hulle oorverduidelik nie ’n toneel nie, en die pas loop.
Oor hoekom hy die rol aanvaar het
Nina. Grootliks Nina. En ek het werk en geld nodig gehad! (lag) Ek het nie voor die tyd baie van die tekste gelees nie, maar omdat ek geweet het dis Louis en Albert en Nina…jy voel veilig. Saam met hulle sal ek gaan speel. When they need me, I’ll be there.
Oor intieme tonele
Ek het al ’n paar vorige tonele geskiet waar ek ook heeltemal kaal was, so ek is al gemakliker. Ek gaan nooit gemaklik wees nie. Dit gaan áltyd awkward wees! (lag) Ek en Ilse-Lee het saam geswot, so ons ken mekaar gelukkig baie goed. En ons karakters se dinamiek is ook om saam te lag, want dit dan ook makliker maak.
Jy moet kyk want…
Ek dink dis vars. Kykers sal sien wat net normale storie eintlik moet wees. Daai sogenaamde pushing the boundaries…they need to get used to it. Vir ons as kunstenaars om goed te skep wat ons regtig graag wil skep en waaroor ons passievol is. Maar ook om meer hulself in die spieël te kan sien. Ek dink daar is baie goed waar mense kan gaan ‘cool, ek ken dit. Dis of ek of my pa of my dogter of my somebody.’