Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Okt 2024]

Trauma of tradisie? ‘Onthul’-reeks ondersoek Wilgenhof-drama


Die nuutste aflewering van die ondersoekende program, ‘Onthul’, stel ondersoek in na wat werklik by die Stellenbosse manskoshuis Wilgenhof oor die jare heen gebeur het. ‘Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie?’ word op  Sondag, 6 Oktober 2024 om 20:00 op kykNET uitgesaai. 

Trauma of tradisie? ‘Onthul’-reeks ondersoek Wilgenhof-drama

Wat gaan aan by Wilgenhof? Dié legendariese manskoshuis van die Universiteit van Stellenbosch is sedert Februarie in die nuus ná daar foto’s van twee kamers in die koshuis versprei het. Die kamers was gevul met ontstellende artefakte en gerugte het begin loop oor verdagte aktiwiteite waar oor dekades gebeur het. 

In die uurlange Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? kom kwessies soos tradisie, woke-kultuur en toxic masculinity onder die loep.

Wilgenhof, onthul
Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? is deur Idea Candy vervaardig. Foto: Verskaf

Ná die ontdekking van die kamers, het die universiteit dadelik die kamers gesluit, leeggemaak en oorgeverf. ’n Onafhanklike paneel is aangestel om ondersoek in te stel en aanbevelings te maak oor wat die volgende stap moet wees. Hul raad was dat die koshuis gesluit moet word. Dít het egter onmin tussen twee kampe veroorsaak. Aan die een kant was daar oud-inwoners en ondersteuners van Wilgenhof wat meen die koshuis is ’n kulturele en historiese baken. Die groep meen dat die US al dekades lank ’n vendetta teen Wilgenhof bedryf. Só ook dat die verslag bloot gebruik sou word om hul sin te kry.

Aan die ander kant is daar diegene meen Wilgenhof is reeds dekades lank met verdagte aktiwiteite besig. Hulle meen die koshuis is uit en uit ’n euwel.

Van die deelnemers aan die program is die joernaliste Adriaan Basson en Jo Prins, die grondwetkenner Prof. Pierre de Vos, die sielkundige Anton Böhmer en prof. Vasti Roodt. Voormalige Wilgenhoffers soos Neels van Jaarsveld, Samore Menze en Louis van der Riet praat ook saam. 

Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? is deur Idea Candy vervaardig. Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh, die regisseur Nina Swart en die vervaardiger Wynette Theart het agter die skerms gewerk. 


Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? word op 6 Oktober om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies