Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Okt 2024]

Trauma of tradisie? ‘Onthul’-reeks ondersoek Wilgenhof-drama


Die nuutste aflewering van die ondersoekende program, ‘Onthul’, stel ondersoek in na wat werklik by die Stellenbosse manskoshuis Wilgenhof oor die jare heen gebeur het. ‘Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie?’ word op  Sondag, 6 Oktober 2024 om 20:00 op kykNET uitgesaai. 

Trauma of tradisie? ‘Onthul’-reeks ondersoek Wilgenhof-drama

Wat gaan aan by Wilgenhof? Dié legendariese manskoshuis van die Universiteit van Stellenbosch is sedert Februarie in die nuus ná daar foto’s van twee kamers in die koshuis versprei het. Die kamers was gevul met ontstellende artefakte en gerugte het begin loop oor verdagte aktiwiteite waar oor dekades gebeur het. 

In die uurlange Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? kom kwessies soos tradisie, woke-kultuur en toxic masculinity onder die loep.

Wilgenhof, onthul
Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? is deur Idea Candy vervaardig. Foto: Verskaf

Ná die ontdekking van die kamers, het die universiteit dadelik die kamers gesluit, leeggemaak en oorgeverf. ’n Onafhanklike paneel is aangestel om ondersoek in te stel en aanbevelings te maak oor wat die volgende stap moet wees. Hul raad was dat die koshuis gesluit moet word. Dít het egter onmin tussen twee kampe veroorsaak. Aan die een kant was daar oud-inwoners en ondersteuners van Wilgenhof wat meen die koshuis is ’n kulturele en historiese baken. Die groep meen dat die US al dekades lank ’n vendetta teen Wilgenhof bedryf. Só ook dat die verslag bloot gebruik sou word om hul sin te kry.

Aan die ander kant is daar diegene meen Wilgenhof is reeds dekades lank met verdagte aktiwiteite besig. Hulle meen die koshuis is uit en uit ’n euwel.

Van die deelnemers aan die program is die joernaliste Adriaan Basson en Jo Prins, die grondwetkenner Prof. Pierre de Vos, die sielkundige Anton Böhmer en prof. Vasti Roodt. Voormalige Wilgenhoffers soos Neels van Jaarsveld, Samore Menze en Louis van der Riet praat ook saam. 

Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? is deur Idea Candy vervaardig. Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh, die regisseur Nina Swart en die vervaardiger Wynette Theart het agter die skerms gewerk. 


Onthul – Wilgenhof: trauma of tradisie? word op 6 Oktober om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies