Menu terloops

The Responder S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


Martin Freeman is ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou in die BBC One-reeks ‘The Responder’, nou op Showmax.

Kyk nou

The Responder S1
Kyk lokprent

Martin Freeman (The Hobbit-trilogie, Fargo) lewer uithalerspel in die BBC One-drama, The Responder. Hy speel Chris Carson, ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou.

Die reeks speel in Liverpool af en die draaiboek is deur ’n voormalige polisiebeampte van dié stad, Tony Schumacher, geskryf. Volgens Schumacher is die vyfdelige reeks fiktief, hoewel dit wél geïnspireer is deur die uitdagings wat hy deur die loop van sy loopbaan teëgekom het.

Die storie volg Carson terwyl tydens die nagskof aan diens is. Ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. 

Buiten die bekroonde Freeman, sluit die rolverdeling ook vir Adelayo Adedayo, Ian Hart en MyAnna Buring in.

The Guardian is vol lof vir The Responder en skryf dat dit “so vinnig en meesleurend as ’n riller, en so aangrypend soos ’n dokumentêr” is. 

The Responder het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Vanaf 1 Augustus op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies