Menu terloops

Transplant S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Mar 2025]


Wall Street Journal beskryf ‘Transplant’ as “die beste mediese reeks op Amerikaanse televisie”.

Kyk nou

Transplant S1-4

Transplant is ’n dramareeks wat handel oor Bashir “Bash” Hamed. Hamed is ’n vlugteling uit Sirië wat poog om sy loopbaan as ’n dokter by die ongevalle-eenheid van die fiktiewe York Memorial-hospitaal in Toronto, Kanada te herbou.

Die rolverdeling sluit in die BAFTA-genomineerde akteur John Hannah (Agents of S.H.I.E.L.D.) en Ayisha Issa (12 Monkeys), ’n voormalige Brasiliaanse Jiu-Jitsu-wêreldkampioen.

Volgens The Wall Street Journal is Transplant “die beste mediese program op Amerikaanse televisie”. Dít terwyl die resensent Anthony Morris vir dr. Hamed tussen die huidige gros TV-dokters uitgesonder het as “die mees oortuigende nuwe dokter vandag op TV.” 

Die reeks se vierde seisoen is egter ook sy laaste. Volgens die reeksskepper, Joseph Kay, was dít glo altyd die plan om die storieboog oor die loop van vier seisoene te voltooi.


Al vier seisoene van Transplant is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies