Menu terloops

Yellowjackets S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Apr 2023]


In ‘Yellowjackets’ moet ’n groep hoërskoolmeisies 19 maande in die wildernis ná ’n vliegtuigongeluk oorleef. Kyk dit op Showmax.

Kyk nou

Yellowjackets S1-2
Kyk lokprent

Die bekroonde Yellowjackets is terug vir ’n tweede seisoen. Dié sielkundige riller-dramareeks se eerste seisoen het ’n seldsame 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is vir sewe Emmy-toekennings benoem.  

Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Wat volg is ’n stryd om oorlewing totdat hulle 19 maande later uit die wildernis gered word.

Soos met die eerste seisoen word terugflitse weer gebruik om die verlede – waarin die oorlewendes in waansin en kannibalisme verval – met die traumatiese, komplekse nagevolge in die hede te verbind.   

Die tweede seisoen beloof om minstens ’n paar van kykers se brandende vrae te beantwoord, maar daar is nog baie kinkels op pad. Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Die volle eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar met die tweede seisoen wat in weeklikse episodes vanaf 1 April 2023 ook op Showmax gestroom kan word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies