Menu terloops
In Gons [13 Apr 2024]

Jou telenovela-gids: Wraak en wenslysies in ‘Skerpioen’, ‘Moederhart’


Waarna kan jy hierdie week (15 tot 18 April 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Wraak en wenslysies in ‘Skerpioen’, ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 15 April

Onur konfronteer Ahmet nadat Ceylan hom alles vertel. Hulle baklei en ’n geweerskoot word afgevuur.

Dinsdag, 16 April

Sengul probeer Azime afpers vir meer geld. Onur beland in die tronk.

Woensdag, 17 April

Tugba deel Nefise se familiegeskiedenis met Muzaffer. Emre word amper ernstig gewond in die tronk.

Donderdag, 18 April

Emre word in die tronk vergiftig. Zeynep moet duur betaal vir Onur se vryheid.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 15 April

Ahmet erken teenoor Ferda dat hy Aras gedwing het om ’n verhouding met Aysem te hê. Perihan sê vir Ferda dat sy Ahmet wil vergiftig.

Dinsdag, 16 April

Ferda oortuig vir Perihan om ’n wenslys te maak. Duru laai Can by Aras af en daag besope by die huis op.

Woensdag, 17 April

Duru vind uit van Perihan se siekte. Efe en Merve gaan om Ahmet se boot aan die brand te steek.

Donderdag, 18 April

Duru probeer selfdood pleeg. Wanneer Perihan uitvind van die selfdoodpoging, is die gort gaar.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies