Menu terloops
In Gons [29 Apr 2024]

Jou telenovela-gids: Wraak in ‘Moederhart’, die einde vir Perihan in ‘Skerpioen’?


Waarna kan jy hierdie week (29 April tot 3 Mei 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Wraak in ‘Moederhart’, die einde vir Perihan in ‘Skerpioen’?

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 29 April

Nefise en haar kinders word herenig, maar dis nog onseker teen watse prys. ’n Erg besope Ahmet maak planne om wraak te neem.  

Dinsdag, 30 April

Emre word wakker ná ’n nagmerrie met sy Ma wat hom vertroos.  Ahmet bring ’n wettige trousertifikaat te voorskyn. 

Woensdag, 1 Mei

Azime besef haar tydjie by die villa raak al korter.  Emre word ontvoer. 

Donderdag, 2 Mei

Onur wil Muzaffer oortuig om vir Azime en Emel hulle vryheid terug te gee. ’n Nare verrassing wag op Sengul.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 29 April

Ferda rou oor Ahmet se dood. Efe is bang om Ferda te vra om met Merve te trou.  

Dinsdag, 30 April

Daar is groot opgewondenheid oor Merve en Efe se troue. Duru en Sahin herinner almal daaraan dat Ferda ’n moordenaar is.

Woensdag, 1 Mei

Aysem kan nie vir Ferda oorreed om afstand van haar aandele te doen nie. Die vroue verras Aras, Efe en Sahin by hul ramparty.

Donderdag, 2 Mei

Die troudag breek aan. Perihan stort ineen nadat die kinders vertrek. 


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies