Menu terloops

Tali’s Joburg Diary

Op Showmax [Gepubliseer op 18 Nov 2022]


Tali is terug… Maar in Joburg. ‘Tali’s Joburg Diary’, die derde Tali-reeks, is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

Tali’s Joburg Diary
Kyk lokprent

Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak.

Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het.

As Tali het Julia (ook bekend as SuzelleDIY) reeds twee keer die Safta vir beste aktrise in ’n komedie gewen. Haar man en medeskepper van die reeks, Ari Kruger, het ook as beste regisseur vir beide die vorige seisoene gewen. 

Tali’s Joburg Diary is vanaf 18 November op Showmax beskikbaar om te stroom. Nuwe episodes sal weekliks beskikbaar gestel word. 

Kyk die vorige twee Tali-reekse ook op Showmax:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies