Menu terloops
In Gons [29 Apr 2024]

‘Suidooster’ in Mei: Dié ses kinkels gaan vir naelbytoomblikke sorg


Benoude katte maak benoude spronge… En daar is ’n hele paar Ruiterbosch-inwoners wat vandeesmaand in ‘Suidooster’ die druk voel.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in Mei: Dié ses kinkels gaan vir naelbytoomblikke sorg

Kyk uit vir dié ses storielynkinkels in Suidooster in Mei.

1

Danni besluit dit is tyd om Ruiterbosch te groet en dit lei tot ’n plofbare situasie tussen Siya en Aiden. 

2

Bridgette en Nazeem besluit om hul verskille opsy te skuif en kragte saam te snoer om Tim se gekonkel te ontbloot. Nazeem se samewerking kom ook teen ’n prys vir Bridgette. Gaan Zoë weer, soos in die verlede, met oogklappe aan haar man se bedrywighede gadeslaan?

3

Tim is in ’n hoek en benoude katte maak immers benoude spronge. Maar hy gaan nie sommer sonder ’n geveg opgee nie… 

Suidooster
Gaan Tim op sy moer kry? Foto: Verskaf
4

Gary en Justin stel hul visier in op dieselfde meisie. Maar hul mededinging om Noelle se aandag te trek mag dalk ’n verwoestende impak op die twee se vriendskap hê. Maar het Noelle dalk ’n verskuilde agenda? 

5

Susan se pogings om Herschel te help, werp vrugte af. Hy kry die kans om ’n nuwe blaadjie om te slaan. Maar nie almal in Ruiterbosch is te gelukkig oor sy teenwoordigheid in hul woonbuurt nie. 

6

Daar is ook ’n nuwe inwoner in Ruiterbosch wat dadelik die aandag van die skoner geslag trek. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies