Menu terloops
In Gons [29 Apr 2024]

‘Suidooster’ in Mei: Dié ses kinkels gaan vir naelbytoomblikke sorg


Benoude katte maak benoude spronge… En daar is ’n hele paar Ruiterbosch-inwoners wat vandeesmaand in ‘Suidooster’ die druk voel.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in Mei: Dié ses kinkels gaan vir naelbytoomblikke sorg

Kyk uit vir dié ses storielynkinkels in Suidooster in Mei.

1

Danni besluit dit is tyd om Ruiterbosch te groet en dit lei tot ’n plofbare situasie tussen Siya en Aiden. 

2

Bridgette en Nazeem besluit om hul verskille opsy te skuif en kragte saam te snoer om Tim se gekonkel te ontbloot. Nazeem se samewerking kom ook teen ’n prys vir Bridgette. Gaan Zoë weer, soos in die verlede, met oogklappe aan haar man se bedrywighede gadeslaan?

3

Tim is in ’n hoek en benoude katte maak immers benoude spronge. Maar hy gaan nie sommer sonder ’n geveg opgee nie… 

Suidooster
Gaan Tim op sy moer kry? Foto: Verskaf
4

Gary en Justin stel hul visier in op dieselfde meisie. Maar hul mededinging om Noelle se aandag te trek mag dalk ’n verwoestende impak op die twee se vriendskap hê. Maar het Noelle dalk ’n verskuilde agenda? 

5

Susan se pogings om Herschel te help, werp vrugte af. Hy kry die kans om ’n nuwe blaadjie om te slaan. Maar nie almal in Ruiterbosch is te gelukkig oor sy teenwoordigheid in hul woonbuurt nie. 

6

Daar is ook ’n nuwe inwoner in Ruiterbosch wat dadelik die aandag van die skoner geslag trek. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies