Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Mei 2025]

‘Suidooster’: Drie nuwe liefdesverhale op pad


Julle kan ontspan! ‘Suidooster’ se Bianca gaan ná tien mislukte verhoudings glo wel uiteindelik haar ‘vir altyd’-prins kry! En daar’s nog twee paartjies wat koer-koer…

Stroom 'Suidooster'

‘Suidooster’: Drie nuwe liefdesverhale op pad

Die kykNET-sepie Suidooster het Saterdag by die Stormsterk-konsert ’n paar geheime oor komende storielyne verklap. Dit was die vierde Stormsterk-konsert wat Suidooster by die  jaarlikse Suidoosterfees in Kaapstad aangebied het. Dié konsert was ook die afskop van die sepie se tiende verjaardagvieringe. 

Suidooster se hele permanente rolverdeling was deel van die uitverkoopte konsert, maar dit is deur ’n ensemblegroep bestaande uit Dean Smith (Wade), Natasha van der Merwe (Susan), Eden Classens (Justin), Jill Levenberg (Mymoena), Irvine van der Merwe (Nazeem), Simone Biscombe (Bianca), Craig Adriaanse (Gary), Jawaahier Petersen (Kaashifa) en Richard September (Bennie) gelei. 

By die konsert is daar na drie toekomstige storielyne verwys:

1

Bianca gaan (uiteindelik) ware liefde vind  

’n Hoogtepunt van die konsert was toe daar op Bianca (Simone Biscombe) se liefdeslewe gefokus is. Sy het oor die afgelope tien jaar in Suidooster al tien liefdesteleurstellings gehad. Tog blyk dit dat daar lig aan die einde van die tonnel vir haar is! Riaan (Daniel Coetzee), Siya (Gantane Kusch) en Aiden (Theodore Jantjies) het op die verhoog, waar Bianca in ’n trourok gestaan het, verskyn en gesê dat sy in die nabye toekoms met een van hulle die knoop gaan deurhaak. 

Stormsterk, Suidooster, Bianca
Vir wie is Bianca (Simone Biscomb) in dié trourok opgedollie? Foto (en hooffoto): Gys Loubser
2

Herenig Kaashifa en Rhafiek?

’n Verrassing by die konsert was Jawaahier Petersen se solovertoning van “You are my sunshine”. Dit het gefokus het op Kaashifa se moederskapsreis. Daar is duidelik gemaak dat Kaashifa binnekort na die sepie terugkeer. En boonop is daar gesinspeel dat sy dalk met haar vervreemde man, Rhafiek (Irshaad Ally), en babaseuntjie herenig kan word. 

3

Justin en Frankie is vir mekaar bestem

Nóg ’n nuwe liefde op Ruiterbosch se horison is dié van Justin (Eden Classens) en Frankie (Mienke Ehlers). Tydens die konsert, in ’n gespottery oor Justin se liefdeslewe, het Frankie op die verhoog gestrompel en is daar gesinspeel dat dié aantreklike blondine vir Justin se sjarme gaan val. Gaan hulle ’n paartjie word?


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies