Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Mei 2025]

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou


Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in ‘Diepe Waters’.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Ons geliefde Diepe Waters-karakters word in Mei gekonfronteer met nuwe uitdagings, én sekere keuses het verreikende gevolge wat niemand kon voorsien het nie. Hou dié storielyne vandeesmaand dop.

1

Pam en Siseko se verhouding

Pam en Siseko se verhouding is baie broos, met emosionele nuus wat Pam diep raak en Siseko tot introspeksie dwing. Sal hul verhouding die toets deurstaan?

2

Is daar meer tussen Juvan en Nina?

Nuwe, onverwagse emosies begin tussen Nina en Juvan ontwikkel. Karla en Lucas probeer om die twee nader aan mekaar te bring, maar selfs die mees opregte pogings loop nie altyd soos beplan nie.

3

Bianca stoomroller voort

Van sakevoorstelle tot persoonlike konfrontasies – Bianca hou nie terug nie. Haar selfvertroue ontlok egter sterk reaksies.

4

Groot toekomsdrome vir Henry en Lettie

Henry en Lettie het drome van ’n gesin, en met Alice in hul lewens lyk dit asof daardie drome dalk ’n werklikheid kan word. Dié wending lei egter ook tot onverwagse uitdagings wat hul verhouding onder nuwe druk plaas.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies