Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Mei 2025]

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ in Mei – en die Kaapse dokter speel met niemand nie!


Die wind wil net nie in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie ‘Suidooster’ afspeel, in Meimaand gaan lê nie. Wees op die uitkyk uit vir dié storiekinkels vandeesmaand.

Stroom 'Suidooster'

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ in Mei – en die Kaapse dokter speel met niemand nie!

Soos die Kaapse winter begin toesak op Suidooster se Ruiterbosch, lyk dit of dinge wel warm vir talle van die inwoners gaan word… 

Wees op die uitkyk uit vir dié vyf kinkels in Mei: 

1

Gevolge vir Carlo

Is daar lig aan die einde van die tonnel vir die Daniels-gesin ná die nagmerrie wat Carlo (Jadon Booysen) vir hulle veroorsaak het? Dit lyk asof Carlo besef hy moet die gevolge van sy dade dra. Dít terwyl die polisie ook antwoorde by hom soek. Dit het natuurlik vir Nazeem (Irvine van der Merwe) op hete kole . . . 

’n Belangrike besluit word dan oor Carlo se toekoms geneem, maar gaan Lee-Ann (Portia Joel) en Wade (Dean Smith) dit net gelate aanvaar?

Suidooster
Nazeem (Irvine van der Merwe) is op hete kole as die polisie antwoorde by Carlo soek. Foto: Verskaf
2

Begin van ’n nuwe liefdesdriehoek vir Bianca?

Bianca (Simone Biscombe) kom tot ’n groot besef en besluit dat sy beheer van haar lewe moet neem. Siya (Gantane Kusch) bied aan om Bianca met haar nuwe verslawing by te staan en só ook vir haar te help om ’n nuwe bladsy oor te slaan.

Kate (Annelisa Weiland) plant ’n saadjie by Riaan (Daniel Coetzee) oor sy verlede met Bianca, maar hy is oortuig dat hul tydjie in die son verby is. Boonop glo hy ’n verhouding is die laaste ding waarvoor Bianca nou voor kans sal sien.

Dit kan egter die begin van ’n nuwe liefdesdriehoek wees, want Siya het ook dalk meer as net vriendskapsgevoelens vir Bianca . . . 

3

Oorlog tussen Elana en Amore

’n Oorlog bars uit tussen Elana (Esther van Waltsleben) en Amore (Antoinette Louw) by Pronk. Dit neem ’n lelike wending, want Amore is nie ’n katjie wat jy sonder handskoene aanpak nie.

Dit hou ernstige gevolge vir Elana in . . .  Sy bevind haarself in ’n baie diep gat – een waaruit sy nie sommer kan klouter nie.

4

Wat’s fout, Bridgette?

Dit lyk of Bridgette (Denise Newman) se ouderdom haar begin inhaal en sy moet ’n paar leefstylveranderinge maak. Skuil daar egter meer agter dit? Terselfdertyd sien Nazeem ’n gulde geleentheid om Bridgette se kwesbaarheid tot sy eie voordeel uit te buit.

Suidooster, Bridgette
Denise Newman as Bridgette in Suidooster. Foto: Verskaf
5

’n Verrassing vir die Booysen-broers

’n Vervreemde familielid van Aiden (Theodore Jantjies) en Gary (Craig Adriaanse) sterf, maar is dit dalk ’n kwessie van “die een se dood, is die ander se brood” vir die Booysen-broers? 


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies