Menu terloops

Succession S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Mar 2023]


Niemand kan jou ooit so diep in die rug steek soos jou eie familie nie…

Kyk nou

Succession S1-4
Kyk lokprent

The Guardian verwys na die satirisie dramareeks Succession as “Game of Thrones met werklike bloed: ons s’n”.

Dié bekroonde blik op die mag van rykdom – hetsy om verwoesting te saai, lewens te vernietig, redder te speel of wat nog – se vierde (en finale seisoen) begin 27 Maart 2023 op Showmax.

Dis storie draai om ’n opvolgstryd wat in ’n rugsteek-oorlog ontaard as die patriarg en sakemagnaat Logan Roy (Brian Cox) se gesondheid ’n knou kry. Maar die man klou vas aan sy heerskappy en meen nie een van sy vier kinders – Connor, Kendall, Roman en Shiv – is opgewasse om die taak by hom oor te neem nie. 

Die nuwe seisoen begin met Waystar Royco amper in die hande van die tech visionary, Lukas Matsson (Alexander Skarsgård). Dís ’n vooruitsig wat eksistensiële angs en verdeeldheid onder die Roys aanvuur… Veral omdat hulle heelwat minder belangrik gaan wees as dié deal eers deur is. 

Succession het ’n algehele punt van 97% op Rotten Tomatoes. Buzzfeed verwys na die reeks as “die toppunt van televisie”. 

Jeremy Strong is in die rol van Kendall, Kieran Culkin vertolk Roman en Sarah Snook vir Shiv. Connor (Alan Ruck) is die oudste seun uit Logan sy eerste huwelik.

Vang op met die eerste drie seisoene op Showmax voordat jy die vierde aflewering aanpak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies