Menu terloops

Spoorloos: Die eiland

Op Showmax [Gepubliseer op 20 Jul 2023]


‘Spoorloos: Die eiland’ is die vierde uittog van dié spanningsvolle TV-franchise. Bobby van Jaarsveld vertolk dié seisoen die hoofrol.

Kyk nou

Spoorloos: Die eiland
Kyk lokprent

Soos met die vorige seisoene (al drie ook op Showmax), is die vierde seisoen van Spoorloos, Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn.

In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak…

Izel Bezuidenhout van Flatland en Dis ek, Anna, vertolk die vermiste Emma.

Die rol van Stefan word deur die sanger en The Voice SA-beoordelaar Bobby van Jaarsveld vertolk. (Lees ons onderhoud met Bobby oor sy Spoorloos: Die eiland-rol hier.) Hoewel Bobby al in flieks soos Liefling en As jy sing gespeel het, is hierdie sy eerste rol in ’n TV-drama. Ons resensent, Tarren-Lee Habelgaarn, skryf dat Bobby hom goed van sy taak in ’n ernstige, dramatiese rol kwyt. (Lees ook ons resensie.)


Vanaf Donderdag, 20 Julie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies