Menu terloops

Spoorloos: Die eiland

Op Showmax [Gepubliseer op 20 Jul 2023]


‘Spoorloos: Die eiland’ is die vierde uittog van dié spanningsvolle TV-franchise. Bobby van Jaarsveld vertolk dié seisoen die hoofrol.

Kyk nou

Spoorloos: Die eiland
Kyk lokprent

Soos met die vorige seisoene (al drie ook op Showmax), is die vierde seisoen van Spoorloos, Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn.

In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak…

Izel Bezuidenhout van Flatland en Dis ek, Anna, vertolk die vermiste Emma.

Die rol van Stefan word deur die sanger en The Voice SA-beoordelaar Bobby van Jaarsveld vertolk. (Lees ons onderhoud met Bobby oor sy Spoorloos: Die eiland-rol hier.) Hoewel Bobby al in flieks soos Liefling en As jy sing gespeel het, is hierdie sy eerste rol in ’n TV-drama. Ons resensent, Tarren-Lee Habelgaarn, skryf dat Bobby hom goed van sy taak in ’n ernstige, dramatiese rol kwyt. (Lees ook ons resensie.)


Vanaf Donderdag, 20 Julie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies