Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Oktober 2024


Lily maak ’n bekentenis en daar is moeilike besluite wat op Patty wag. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Oktober kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Skemergrond'

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Oktober 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Dinsdag, 1 Oktober 

Jasmine vertrek na die hospitaal vir haar breinoperasie ná ’n emosionele totsiens. Christine kom tot ’n gevolgtrekking wat haar lei na ’n nuwe plan. Ruan en Patty neem die volgende groot stap.

Woensdag, 2 Oktober 

Almal wag in spanning om oor Jasmine se operasie te hoor. Patty en Ruan deel hulle goeie nuus. Gloria dwing haarself om met Kevin op te breek.

Donderdag, 3 Oktober 

Hazel en Ronnie baklei, en Christine neem kennis daarvan. Gloria jaag Kevin met ’n swaar hart weg. Shakiel gee vir Junior ’n interessante idee. Lily en Jasmine deel ’n intieme oomblik. 

Maandag, 7 Oktober 

Hazel ontvang ’n ontstellende boodskap. Brandon en Sylvia is hard besig om te repeteer. Gloria wag met vrees vir die dag wanneer Beeno haar kom haal.

Dinsdag, 8 Oktober 

Die Louw-familie reël ’n spesiale aandete by die huis, en Christine daag onverwags op. Gloria is moedeloos as sy sien hoe goed Fabian en Beeno oor die weg kom. JP deel skokkende inligting met Hazel.

Woensdag, 9 Oktober 

Brandon en Sylvia se groot dansvertoning breek aan, maar sal dit ’n sukses wees? Christine wil Hazel se slegte bui uitbuit. Jasmine en JP wonder oor die video.

Donderdag, 10 Oktober 

Lily maak oop teenoor Erica oor haar gevoelens vir Ruan. Kevin is vasbeslote om van Gloria aan te beweeg. Sylvia en Brandon is bekommerd oor Erica se reaksie teenoor hulle. 

Maandag, 14 Oktober 

Lily help Hazel om die spanning tussen haar en hul ouers te verlig. Junior twyfel of hy sal kan byhou by die dansklasse. Amber en Louis mis mekaar baie.

Dinsdag, 15 Oktober 

Amber begin haar verhouding met Erica herstel. Jasmine deel haar kommer oor Ruan en Lily met JP. Patty draai Lily se arm om die verlowingspartytjie by te woon.

Woensdag, 16 Oktober 

Christine stuur die video aan ’n paar vriende van die Louws. Ruan is verskeurd ná Lily se bekentenis. Junior verras almal by die nuwe dansskool.

Donderdag, 17 Oktober 

Erica warm op teenoor Amber. Jasmine en JP kry leiding van ’n geskokte dominee. Ruan en Kevin besin oor hoe ingewikkeld romanse is. Ronnie is ontsteld oor Junior wat dansklasse neem. 

Maandag, 21 Oktober 

Lily bly aandring dat Ruan saam met Patty moet wees. Gloria maak oop teenoor Tasneem oor haar lot in die lewe. Christine is boos omdat haar plan gefaal het.

Dinsdag, 22 Oktober 

Amber konfronteer Lily oor haar vreemde optrede. Junior het ’n plan om Amber en Louis bymekaar te bring. Patty vermoed dat daar iets tussen Ruan en Lily aan die gang is.

Woensdag, 23 Oktober 

Patty het ’n moeilike besluit om te neem. Lily deel skokkende nuus met Erica. Hazel is gefrustreerd dat Ronnie teen Junior se dans is. Beeno sit Warren op sy plek wanneer hy oortree.

Donderdag, 24 Oktober 

Erica weier om Lily te glo, maar sal iets haar van plan laat verander? Christine en Ronnie leer mekaar beter ken. Patty en Ruan probeer op hul eie maniere deur hul pyn te werk.

Maandag, 28 Oktober 

Christine maak vir die Louws ’n aantreklike aanbod. Erica en Lily probeer hard om Amber en Louis uitmekaar te hou. Ruan probeer uitvind of Patty oukei is. 

Dinsdag, 29 Oktober 

Amber vra Jasmine om Lily van haar rug af te kry. Junior blink al hoe meer uit in die dansklasse. Christine en Ronnie beweeg al nader aan mekaar, en Hazel konfronteer hom daaroor.

Woensdag, 30 Oktober 

Junior moedig Louis en Amber aan om in die geheim te ontmoet. Patty ontvang ’n vreemde geskenk. Ronnie is verheug wanneer hy hoor Christine sal in die omtes wees, maar probeer dit wegsteek. 

Donderdag, 31 Oktober 

Louis is geskok deur die waarheid oor Amber. Christine wurm haarself by die Louw-huis in. Patty kry ’n vreemde oproep. Junior is bekommerd oor sy ouers. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies