Menu terloops
In Sepies [26 Feb 2025]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Maart 2025


Ruan het groot planne om Beeno uiteindelik vas te trek en die Cloetes besluit om te trek. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Maart kan uitsien.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Maart 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Maandag, 3 Maart  

Ruan se plan kry momentum. Hazel stuur vir Christine ’n boodskap terwyl Kevin vir Gloria ’n ultimatum gee. Manny ontvang ’n skokkende versoek van Tillie.

Dinsdag, 4 Maart 

Tanne is bekommerd dat hy in Ruan se plan kan seerkry. Christine is besig om te konkel. Manny het ’n afspraak waarna hy glad nie uitsien nie.

Woensdag, 5 Maart 

Beeno dring daarop aan om op Everlasting te trou. Fabian hoor dat Gloria se troue die dekmantel vir die dwelmtransaksie gaan wees. Christine daag op om Hendrik se gereedskapskas te kry.

Donderdag, 6 Maart 

Ruan lig die Louws oor sy planne in, maar hulle huiwer om betrokke te raak. Christine besluit om haar taktiek te verander. Ronnie is bekommerd oor Manny se gesondheid.

Maandag, 10 Maart 

Ruan kom op ’n jong meisie af wat in haar kar slaap. Manny sluit by Patty aan vir haar oggenddraffie. Beeno nooi Gloria uit vir ’n onverwagte uitsappie na Everlasting.

Dinsdag, 11 Maart 

Ruan onthul dat Tanne sy dubbele agent is. Erica verloor haar koel. Kirby bied aan om die bistro alleen te bestuur. Fabian gee vir Gloria ’n spesiale stel oorbelle.

Woensdag, 12 Maart 

Erica vind uit dat Ragel vir Kirby aangestel het. Tanne is senuweeagtig oor die groot dag. Die Cloetes, Ronnie, Hazel en die kinders maak gereed om van Gemoedsdrif af te vertrek.

Donderdag, 13 Maart  

Ruan is gereed om toe te slaan. Tanne twyfel oor die plan. Gloria neem ’n emosionele besluit wat alles kan beduiwel. Warren kom al nader aan die waarheid. 

Maandag, 17 Maart  

Daar is chaos op Everlasting wanneer planne skeefloop. JP is woedend, terwyl Kevin vasbeslote is om by die plaas uit te kom. Gloria verdwyn van Everlasting.

Dinsdag, 18 Maart  

Gloria gee vir Kevin baie goeie nuus oor Beeno. Ruan word oornag die hele Gemoedsdrif se held. Kirby probeer vir Erica oorwen.

Woensdag, 19 Maart 

Erica is hartgebroke wanneer die Cloetes aankondig dat hulle gaan uittrek. Warren sien Ruan uit Gloria se huis stap. Christine probeer Hazel antagoniseer.

Donderdag, 20 Maart 

Kevin en Gloria hoop dat hulle uiteindelik vry is van Beeno. Kirby maak ’n groot indruk op Erica. Manny is gereed vir die volgende stap saam met Tillie.

Maandag, 24 Maart  

Die Cloetes maak gereed om te trek. Warren is op soek na Fabian se bloed, en dit maak Gloria rasend van bekommernis. Die Louws hou al hoe meer van Kirby.

Dinsdag, 25 Maart  

Kirby ondersteun Louis wanneer hy sê hy wil nie bier drink nie. Dirk waarsku Manny om weg te bly van sy ma af. Gloria vertel Kevin van haar nagmerrie.

Woensdag, 26 Maart  

Die hele dorp is in rep en roer om totsiens aan die Cloetes te sê. Gloria ontvang aaklige nuus. Die danskonsert word deur ’n onverwagte gas onderbreek.

Donderdag, 27 Maart  

’n Onverwagte gas daag by Gloria se huis op. Brandon is verpletterd ná die skokkende voorval. Tillie en Dirk probeer vrede maak, maar kan nie saamstem nie.

Maandag, 31 Maart

Amber, Louis en Junior hou ’n spesiale seremonie vir Shakiel. Brandon haal al sy woede op Ruan uit. Manny praat met Patty en Erica oor Dirk.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies