Menu terloops
In Wat om te kyk [25 Nov 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Desember 2024


Hazel het net mooi genoeg van Christine gehad en Tillie dryf vir Willem na breekpunt. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Desember kan uitsien.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Desember 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Maandag, 2 Desember 

Louis is op ’n missie met Tanne. Hazel is in ’n slegte toestand. Erica balanseer haar tyd tussen Louis, Patty, Ronnie en Christine. Jasmine maak oop oor die plaas se geldsake. 

Dinsdag, 3 Desember

Hazel vertel vir Jasmine wat aangaan. Shakiel voel skuldig omdat hy vir Amber moet jok. Veronique se gedenkdiens word gehou en Patty is diep geraak en dankbaar. 

Woensdag, 4 Desember

Kevin is bekommerd oor geld, maar weier om Beeno se aanbod te aanvaar. Louis maak groot planne saam met Tanne. Manny raak agterdogtig wanneer Erica weier om vir Christine te bedien.

Donderdag, 5 Desember

Junior vertel Erica en Ragel dat Abel se graf onder vandale deurgeloop het. JP is bekommerd oor Hazel. Christine speel die slagoffer en gooi Ronnie onder die bus.

Maandag, 9 Desember

Ronnie wil dinge tussen hom en Hazel regmaak. JP gaan voort om Willem se boerderystyl te kritiseer. Ragel spoor eindelik vir Louis op. Amber vertel JP van Ronnie en Christine se verneukery.

Dinsdag, 10 Desember

JP wil sy vermiste bokke vind. Erica deel skokkende nuus met Ragel. Junior ontdek sy pa is weg. Gaan Louis aangekla word?

Woensdag, 11 Desember

Ronnie probeer met Junior vrede maak. Erica en Ragel maak ’n groot besluit oor die briewe. Louis reik uit na Amber. Willem het nog ’n groot uitval met JP en haal sy woede op Tillie uit.

Donderdag, 12 Desember

Jasmine en JP het ’n uitval oor die briewe. Manny en Besem boelie Kevin in ’n blinde afspraak in. Willem verbied vir Tillie om kontak met die Louws te maak.

Maandag, 16 Desember

Jasmine konfronteer Christine en vertel vir Hazel die waarheid. Tillie stuur haar hongerstaking voort. Manny en Besem wil vir Kevin nog ’n blinde afspraak reël.

Dinsdag, 17 Desember

Jasmine vertel vir Hazel die waarheid oor Christine. Tillie dryf Willem na aan breekpunt. Hazel konfronteer vir Christine. Amber verloor vertroue in haar grootouers.

Woensdag, 18 Desember

Jasmine wil hê JP moet Hendrik se oogpunt insien. Amber is ontsteld nadat sy uitvind dat Shakiel vir Louis help. Erica vra vir Jasmine raad oor Louis. Tillie is in gevaar.

Donderdag, 19 Desember

Gaan die Louws hul onverwagse hulp met die lening aanvaar? Jasmine is woedend vir Willem ná Tillie se ongeluk. Junior wil nie sy goeie nuus met die familie deel nie.

Maandag, 23 Desember

JP and Jasmine doen hulle bes om dinge tussen hulle en Amber reg te maak. Tillie word uit die hospitaal ontslaan. Ronnie probeer om vir Junior ’n pa te wees.

Dinsdag, 24 Desember

Die Louws verlang na Hazel op Oukersaand. Kevin bring vir JP goeie nuus. Willem dreig Manny en Erica oor hul geskinder. Shakiel en Louis soen.

Woensdag, 25 Desember

Jasmine maak ’n punt daarvan om vir Ronnie deel van hul Kersete te maak. Willem verras Tillie met sy bereidwilligheid om Kersfees te vier. Beeno openbaar ’n ander kant van homself aan Gloria.

Donderdag, 26 Desember

Junior sukkel om Jasmine se besluit oor Ronnie te aanvaar. Willem maak ’n groot gebaar aan Tillie. Christine vind uit wie die betaling gemaak het.

Maandag, 30 Desember

Fabian is bekommerd oor hoe Beeno vir Gloria behandel. Jasmine wonder of sy moet inspring om vir Tillie te help. Junior sluit steeds almal uit. Christine is weer op die oorlogspad.

Dinsdag, 31 Desember

Christine vertel vir Meryl dat sy en Ronnie ’n verhouding gehad het. Beeno forseer homself op Gloria. Die konflik tussen Willem en Dirk bereik breekpunt.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies