Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Mar 2022]

Silwerskermfees 2022: Wenners & waar om dié feesflieks te kyk


Hier is die volledige lys Silwerskermfees-wenners in beide die vollengte- en kortfilm-afdelings, asook waar en wanneer jy vanjaar se feesflieks kan kyk.

Silwerskermfees 2022: Wenners & waar om dié feesflieks te kyk

’n Roerende storie oor ’n gebroke familie (Barakat); ’n senutergende, grieselrige moordadige vertelling wat by ’n fopdosserklub afspeel (Stiekyt); en tasbare vrees in Suid-Afrika se eerste eko-riller (Gaia) was vanjaar se groot Silwerskermfees-wenners. 

Barakat het wel nié die Oscars-kortlys gehaal soos gehoop nie, maar dié verhaal is ses keer oor by die fees bekroon, waaronder vir beste draaiboek en beste aktrise (Vinette Ebrahim). 

Stiekyt het drie pryse gewen, insluitend vir Paul du Toit se uitnemende spel en Eduan Kitching se bedruk-intiem kinematografie wat dié veelvlakkige en kinkelryke storie tot sy amperse hipnotiese reg laat kom.

Gaia, wat reeds sy internasionale première by verlede jaar se SXSW-fees in Austin, Texas, gehad het, het vyf toekennings ingepalm, waaronder vir beste rolprent. Dié fliek, geskryf deur Tertius Kapp en met regie deur Jaco Bouwer (’n briljante span), is vir internasionale verspreiding geoormerk, waaronder in Europa. 

Onder die kortfilms is Carla Smith en Marlo Minnaar as beste akteurs aangewys – Smith vir Skyn en Minnaar vir Aan/Af

Die prys vir beste kortfilm is aan Leemtes en Leegheid, met die altyd-briljante akteurspaar Lida Botha en Johan Botha in die hoofrolle, toegeken.

Hier volg die volledige lys van Silwerskermfees-wenners:

Vollengte rolprente

Beste rolprent: Gaia
Beste regisseur: Jaco Bouwer (Gaia)
Beste akteur: Paul du Toit (Stiekyt)
Beste aktrise: Vinette Ebrahim (Barakat)
Beste draaiboek: Barakat
Beste manlike byspeler : Albert Pretorius (Stiekyt)
Beste vrouelike byspeler: June van Merch (Barakat)
Beste oorspronklike musiek: Kyle Shepherd (Barakat)
Beste kostuumontwerp: Ayesha Khatieb (Barakat)
Beste grimering en haarstilering: Sulani Saayman (Gaia)
Beste produksieontwerp: Sumaya Wicomb (Barakat)
Beste klankontwerp: Tim Pringle (Gaia)
Beste kinematografie: Eduan Kitching (Stiekyt)
Beste redigering: Leon Visser (Gaia)

Kortflieks

Beste kortfliek: Leemtes en Leegheid
Beste regisseur: DW Smith (Diana Mills Smith) (My beskermer)
Beste akteur: Marlo Minnaar (Aan/Af)
Beste aktrise: Carla Smith (Skyn)
Beste ensemble: Skyn
Beste oorspronklike musiek: Ryno Posthumus (Bennie Bingo)
Beste produksieontwerp: Baber
Beste redigering: Regardt Visser (Die Horries)
Beste draaiboek: Jordy Sank, Terence Makapan (Leemtes en leegheid)
Beste kinematografie: Justin Youens (Baber)
Beste bestaande werk: Ekstasis
Spesiale benoeming: My Beskermer
Draaiboeksoek-kompetisiewenners: Mariska Denysschen, Jan Lampen, AnnMaree Barry

Waar/wanneer kan jy die Silwerskermfees-flieks kyk?

Vollengte flieks

Barakat: Nou op DStv Online.

Beurtkrag: Beskikbaar op DStv BoxOffice vanaf 16 June 2022. 

Gaia: Beperkte teatervrystelling vanaf 25 April. Ook beskikbaar op DStv BoxOffice vanaf 25 April. 

Stiekyt: TBC

Indemnity: Na verwagting sal dit op 13 Mei by Ster Kinekor-fliekteaters première.

Down So Long: Binnekort op DStv BoxOffice.

Vlugtig: Binnekort op DStv BoxOffice.

Kortflieks

Die kortflieks is op DStv Online beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies