Sex Education skroom nie om met aanvaarding stories oor byvoorbeeld gay verhoudings, non-binary en queer karakters, seksuele plesier, seksuele aanranding, en soeke na identiteit van welke aard te vertel nie.
Dit draai meerendeels om ’n groep tienervriende en -frenemies wat midde hul seksuele ontwaking verkeer. Dis ’n helse ontdekkingsreis – ewe veel vir die kyker as vir die karakters wat probeer om hul tienerbestaan te oorleef.
Die humor is ingebou in die skerp dialoog met net genoeg van ’n bar ondertoon om dit relevant en real te hou.
Ook op Netflix
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →