Menu terloops

Sex Education S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 21 Sep 2023]


Nie net het ‘Sex Education’ ons ’n Gillian Anderson soos nooit van te vore gegee nie – die jong akteur Asa Butterfield het ook op onverwagte maniere hier verbaas en geblom. 

Sex Education S1-4
Kyk lokprent

Sex Education skroom nie om met aanvaarding stories oor byvoorbeeld gay verhoudings, non-binary en queer karakters, seksuele plesier, seksuele aanranding, en soeke na identiteit van welke aard te vertel nie.

Dit draai meerendeels om ’n groep tienervriende en -frenemies wat midde hul seksuele ontwaking verkeer. Dis ’n helse ontdekkingsreis – ewe veel vir die kyker as vir die karakters wat probeer om hul tienerbestaan te oorleef. Die humor is ingebou in die skerp dialoog met net genoeg van ’n bar ondertoon om dit relevant en real te hou. 

Maar die vierde seisoen van dié reeks is ook sy laaste. Snik! Nie net het die reeks ons ’n Gillian Anderson soos nooit van te vore gegee nie – die jong akteur Asa Butterfield het ook op onverwagte maniere hier verbaas en geblom. 

Die nuwe seisoen tel op met geliewe Maeve (Emma Mackey) in Amerika en die ou hoërskool finaal gesluit ná die etlike (etlike!) skandale van die vorige seisoene. Otis (Butterfield) en sy vriende moet nou hul voete in ’n nuwe skool vind… Maar hier ontdek hy dat hy nie die enigste amateur sex therapist op kampus is nie. Eintlik ervaar al die voormalige Moordale-leerders, insluitend Otis se bestie, Eric (die ongelooflike Ncuti Gatwa), kultuurskok as hulle by die nuwe skool aanland. Dinge is omtrent anders. Van jogaklasse tot ’n groep gewilde leerders wat cool is omdat hulle nice is. (Who knew?!).


Al vier seisoene van Sex Education is nou op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies