Menu terloops
In Sepies [29 Okt 2023]

Sepievoorskou: Verhoudingskokke kom in ‘Binnelanders’, Suidooster’


Meer as een verhouding beleef ’n krisis hierdie komende week. Ware geluk is mos nie regtig iets wat in sepieland vir paartjies gegun word nie. Iemand moet altyd sterf of tronk toe. En as jy gelukkig is, verdwyn hulle sommer net uit jou lewe uit. Hier is waarna jy hierdie week (30 Oktober tot 3 November) op ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Verhoudingskokke kom in ‘Binnelanders’, Suidooster’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in Binnelanders en Suidooster gaan uitspeel. Moenie worry nie, daar is geen spoilers in dié sepievoorskou nie!

Binnelanders

Ná verlede week se skok vaderskap-onthulling is dit duidelik dat Tracy (Melinda Brink) en Tertius (Reynardt Hugo) se morele waardestelsel soos dag en nag verskil. Binneland se power couple sukkel om ooreen te stem oor hul toekoms en dit veroorsaak dat Tertius ’n drastiese besluit neem wat almal in Binneland laat wonder.

Een ding is verseker en dit is dat iemand daar bo uitkyk vir die Koster-nageslag nie, want eers het Louis (Germandt Geldenhuys) onverwags pa geword en nou gaan Conrad (Hykie Berg) ook. Jeez, vir manne wat nie hard probeer nie, kom hul gene mos sterk deur.

Intussen is Ella (Marlee van der Merwe) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) op geleende tyd. Almal sal moet saamspan om hulle te red, want Marissa (ook Marlee van der Merwe) het seker gemaak dat daar ’n plan A,B en C is. 

Dawid (Deon Lotz) is nog een wat aan meer as een plan werk om die hoofstoel in Binneland te wen, maar ongelukkig vir hom is Steve (Clint Brink) en Conrad nie so dom soos wat hy dink nie. Hy gaan uit die boks uit moet dink, want dinge gaan nie sommer in sy skoot val nie. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Gary (Craig Adriaanse) is ’n IT-ghoeroe en dit mag hom dalk laat dink dat hy intellektueel die kaatjie van die baan is, maar hy is beslis nie street smart nie. Wanneer dit by street smarts kom, is Nazeem (Irvine van der Merwe) so slinks hy sit vir Gary enige dag ore aan!

As jy met die big dogs wil speel, dan moet jy maar jou pak kan vat. En dit is dan ongelukkig ’n harde les wat Gary gaan moet leer. 

Bloed is glo dikker as water, maar dit blyk nie almal se realiteit te wees nie. Lee-Ann (Portia Joel)  en Ty (Maurice Paige) se verhouding was nog nie so erg getoets nie en soms is beloftes net nie genoeg nie. Vandat Alex (Duane Williams) opgedaag het, is alles deurmekaar en dít smokkel erg met Ty se kop. 

Maar hy is nie die enigste een wat vir moeilikheid soek nie. Veroné (Zandélle Meyer) sit self in ’n penarie omdat sy hard vir ’n sekere blou-oog gladdebek in Ruiterbosch geval het. 

Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Rhafiek (Irshaad Ally) is albei goeie sakemense, maar daar is ’n rede hoekom mense nie besigheid met verhoudings meng nie. Wanneer albei mense in ’n verhouding ambisieus is, wie wen?  

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
As jy hou van tranetrekkers
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
Sien alle opsies