Menu terloops
In Sepies [28 Apr 2024]

Sepievoorskou: Onheilige alliansies en ontvoerings in ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’


Die ondenkbare gebeur hierdie week as Bridgette en Nazeem kragte saamspan. Hier is ’n voorskou van wat jy hierdie week (29 April tot 3 Mei 2024) op ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ kan verwag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Onheilige alliansies en ontvoerings in ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’

Toe Yvette (Charlene le Roux) verlede week al die skinder-tee met Audrey (Taryn Hess) in Arendsvlei deel, het dit gevoel asof my binneste sommer onmiddellik bollemakiesie geslaan het. Ek wou amper deur my TV skree, “Bly stil!” In daai oomblik het Yvette almal in die mall se doodsertifikaat geteken. Wys jou net hoe slinks dié vrou is. 

Intussen is arme Aiden (Theodore Jantjies) in Suidooster vir die hoeveelste keer deur Danni (Vashti Prins) soos ’n ou lap gebruik en weggesmyt. Ai, die liefde kan ’n mens soms verblind… Maar ek hoop regtig dat hy nou besef dat sy nooit ’n ernstige verhouding met hom gaan aanknoop nie. Ek wil nie Aiden wees nie, want dit is darem nie lekker om te besef dat jy net ’n nice time guy is nie. 

Maar aanvaarding kom soms swaar. Vra maar vir Arno (Jean Henry) in Diepe Waters. Toe Charity (Dané de Waal) haar ma heel gelukkig en verlief in die parkie sien, het sy geweet dit is die bewys wat sy nodig gehad het sodat haar broer hul ma se ware kleure kan sien. Maar Arno is diep in denial oor wie en wat sy ma regtig is. 

Suidooster

Ek het nooit gedink ek sou ooit hierdie woorde tik nie, maar kykers gaan hierdie week uiteindelik sien hoe Bridgette (Denise Newman) en Nazeem (Irvine van der Merwe) kragte bymekaar span om Tim (Marco Spaumer) te sink. Soveel as wat Bridgette vir Nazeem haat, moet sy regtig vir Tim haat om sulke desperate measures te neem. Maar gaan hulle regtig ’n nuwe bladsy omslaan? Of gaan iemand die ander weer in die rug steek? 

Zoë (Lauren Joseph) mag dalk uit haar ontvoerders se kloue ontsnap het, maar sy bevind haarself weer in ’n benoude situasie. Hierdie keer het dit ’n dramatiese einde wat tot skokkende gevolge lei. 

Susan (Natasha van der Merwe) kom nader aan die waarheid en is vasbeslote om ’n deurbraak in haar tronk-stalker se saak te maak. In die proses krap sy egter die regte speurders om met al die werk wat sy vir hulle skep. 

Siya (Gantane Kusch) vind nuwe inligting uit oor Danni (Vashti Prins) en Aiden se romanse en dit veroorsaak weer komplikasies in hul huwelik. Danni moet finaal ’n moeilike besluit neem.  

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Delia (Odelle de Wet) word gedwing om die waarheid oor sy pa met Liam (David Viviers) te deel. Dit stuur hom na ’n donker plek met ernstige gevolge. 

Nadat Conrad (Hykie Berg) verlede week uiteindelik vir Leah ontmoet het, trek Tertius (Reynard Hugo) bitter swaar! Conrad het natuurlik vir Leah na sy mansion toe gevat waar hy nou sy lyf pa hou. Intussen doen Tertius alles wat hy kan om Tracy (Melinda Viljoen) terug te kry. Maar tyd is nie aan sy kant nie en haar ontvoerders se geduld is op. 

Annetjie (Lorraine Burger) vind iets uit wat vir haar op die oorlogspad sit. Almal by Binneland beter uit haar pad uit bly, want met haar nuwe stokperdjie kan enigiemand die inspirasie vir haar nuwe blog word.  

Naomi (Je-ani Swiegelaar) ken Tertius se seer baie goed en doen iets spesiaal om hom te troos. Dít terwyl Louis (Germandt Geldenhuys) vir Conrad met Leah help. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies