Menu terloops
In Sepies [3 Sep 2023]

Sepievoorskou: Nuwe maand, nuwe (liefdes)avonture in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’


Elke seisoen in jou lewe het ’n begin en ’n einde – ook in sepieland. Maar wat nuut is, bring nie noodwendig geluk nie, net soos sommige eindes vir die beste is… Hier is waarna jy hierdie week (4 tot 8 September) op ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Nuwe maand, nuwe (liefdes)avonture in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in Binnelanders, Diepe Waters en Suidooster gaan uitspeel. Maar moenie worry nie, ons gee darem nooit spoilers weg nie!

Binnelanders 

Liam (David Viviers) en Dawid (Deon Lotz) se verhouding mag deesdae ’n goeie een wees, maar dit beteken nie dat al Dawid se kinders dieselfde oor hom voel nie. Shame, ek hoop hy vind nie uit van meer kinders nie, want hy kry nooit ’n goeie reaksie nie. Milan (Anelma Meiring) is hartseer om Binneland te groet, maar kan nie vinnig genoeg van haar “nuwe” pa af weg nie. Soms is dit beter om die verlede in die verlede te los. 

Intussen kuier Daleen (Desiré Gardner ) steeds in die Jakarandastad. En ja, sy wil ook nou weer die verlede gaan oopkrap – spyt kom mos altyd te laat… En noudat sy vir Tertius (Reynardt Hugo) gelukkig in Tracy (Melinda Brink) se arms sien, wil sy uiteindelik huis toe kom en weer ’n familie wees. Sommige mense wil net nie vir ander geluk gun nie. 

Nicolette (Kate Roothman) laat die tonge klap en hulle het juis niks nodig by Binneland om ’n lekker storie te laat loop nie. Sy het beslis ’n tipe en glo seker in die gesegde, “I’d rather be a old man’s darling than a young man’s slave”. Die enigste probleem is dat sy dié keer met die baas ’n verhouding probeer aanknoop en nie almal is ten gunste daarvan nie. Maar nes hul paaie wil skei, word Nicolette gedwing om vinnig besluite te maak, wat lewe en dood kan beteken. Sal Conrad se lewe ooit weer dieselfde ná hierdie week wees? 

Ná die Chiron-situasie sit Delia (Odelle de Wet) haar voet neer en sy is vasbeslote om ’n aanwins te vir die Binneland-span te wees, veral nou met Annelize (Cindy Swanepoel) nie daar is nie. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters 

Karla (Daniélle Swanepoel) probeer haar voete vind noudat sy terug is by die huis, maar met Charity (Dané de Waal) wat haar huis en swemklub oorvat sukkel Karla en bring dit ’n anderkant van haar uit. 

Nina (Reze-Tiana Wessels) lewe met haar kop in die wolke omdat dit lyk asof alles weer na normaal terugkeer, maar wat skuil net onder die oppervlak? Daar is wat jy sien en wat jy nie sien nie en almal, insluitend Rose (Eloise Cupido), loop met hul oë styf toe.

Sanet (Nadia Valvekens) mag dalk ’n leeuwyfie wees as dit by haar kinders en familie kom, maar shame, haar hartjie is maar klein en wil ook maar net onvoorwaardelike liefde vind. Ongelukkig, lyk dit nie asof dit vir haar beskore is nie… Of dalk kan sy nog haar geluk by Wim (Neels van Jaarsveld) vind? Dit is as hy nie ook ’n wolf in skaapsklere is nie.  

Jacques (Werner Coetser) en Meghan (Lea Vivier) probeer hul bes om teen die magtige Gys (Justin Strydom) te veg, maar hy is ’n ander slinkse een wat net aan homself dink. Ongelukkig het hy vergeet hoe kwaai ’n ma kan wees wanneer sy haar familie beskerm. Hy beter oor sy skouer loer, want Meghan gaan nie sy twak aanvaar nie. Ek is nou nie die grootste Meghan-aanhanger nie, maar ek is hier vir haar glow up in haar mama-era.   

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Suidooster 

Carlo (Jadon Booysen) en Brendan (Caleb Arnolds) het dinge te ver gevat en nou veg Brendan vir sy lewe. Maar die Thuli’s gaan dit nie daar los nie. Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins) is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom en as dit beteken dat hulle goeie vriende in die proses verloor, is hulle bereid om die kans te waag. 

Ná haar wen by Kaapstad se Vrou van die Jaar wil Mymoena (Jill Levenberg) die lewe vir haar en haar darling voluit ervaar. Sy besluit dié week om ’n opwindende nuwe avontuur aan te pak.  

Aiden (Theodore Jantjies) breek nog harte en dalk ook ’n verhouding met sy Rugbywêreldbeker-kaartjies. Dít terwyl die liefde vir Kate weer wil vlamvat. Kate mag dalk ouer wees, maar sy is beslis nie koud nie. Tog speel Kate ook ’n bietjie hard to get en dit gaan nog vir groot vermaak sorg. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies