Menu terloops
In Sepies [9 Jul 2023]

Sepievoorskou: Daar is nie genoeg kaste vir al die geraamtes in ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’


Die verlede vind altyd ’n manier om kop uit te steek… En sommige geheime het die mag om verhoudings vir altyd te verander. Ons het die inside scoop oor hierdie week se grootste sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (10 Julie tot 14 Julie) uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Daar is nie genoeg kaste vir al die geraamtes in ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’

Diepe Waters 

Hulle sê mos stille waters, diepe grond – en in ’n skokkende wending vind ons dié week uit dat die teruggetrokke oom Jacques (Werner Coetser) meer geraamtes as kaste het! Sy nuutste geheim gaan kykers se voete onder hulle uitslaan. Dit het my tot in my wese geskok, want dit is die laaste ding wat ek ooit verwag het. Bravo aan die briljante skrywers agter hierdie plot twist! Die verlede is besig om homself te herhaal en dit plaas vir Jacques (Werner Coetser) in ’n bitter moeilike situasie. Maar gaan uiteindelik teen sy pa kan opstaan en sy eie keuses maak?

Gys Swarts (Justin Strydom) wil niks hoor van die vaderskaptoets nie en het reeds sy eie plan uitgedink om die Swarts-naam te beskerm. Meghan (Lea Vivier) droom van ’n toekoms met Jacques en doen vir Gys ’n spesiale guns om haar lojaliteit teenoor die familie te bewys, maar is dit te laat vir Gys se vergifnis? Meghan sal maar in spanning moet wag om te sien of dit net deel van Gys se wraakplanne is. 

Arno (Jean Henry) het sy bed gemaak en nou sal hy daarin moet slaap. Jy kan mos nie ’n ooreenkoms met die duiwel aangaan en dink dat jy enige tyd kan kop uittrek wanneer dit nie meer vir jou werk nie. Hy behoort Zelda (Sandi Schultz) beter as dit te ken! 

Anja (Reandi Grey) is gatvol van al die leuens en weier om Karla (Daniëlle Swanepoel) se geheim te hou. Maar wat gaan dit vir Arno se toekoms beteken as Roussouw (Altus Theart) van sy verhouding met Karla uitvind?  

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online

Binnelanders 

’n Nuwe week, ’n nuwe misdaad. Ek raak deesdae deurmekaar, want ek sukkel om te besluit of Binnelanders ’n mediese-drama of misdaad-drama is. Daar is oënskynlik nooit ’n vervelige dag in die Jakarandastad nie. 

Wanneer iets sy geliefdes se veiligheid bedreig, probeer Louis (Germandt Geldenhuys) die held wees, maar dit het ernstige gevolge. 

Nicolette (Kate Roothman) trek ’n streep in die sand, maar Birdy (Natasha Sutherland) wil aanvanklik niks daarvan weet nie… Totdat iets uit hul verlede alles  verander. 

Steve (Clint Brink) se verlede met Andrea (Bianca Amato) dreig ook om sy toekoms saam met Delia (Odelle de Wet) te ruïneer nog voordat dit regtig kon begin. 

Kyk Binnelanders op DStv Online

Suidooster 

Hoewel meeste mense vir Orpa (Marisa Drummond) se wonderwerk geval het, is nie almal onmiddellik oortuig dat Orpa die Here is nie. Aiden (Theodore Jantjies) is oortuig dat Orpa die gemeente aan die neus lei en stel ondersoek in. 

Dit terwyl Tim sy eie ondersoek loods om meer uit te vind oor die slinkse Ezra (Nazeem, Irvine van der Merwe). Rita (Illse Roos) kan nie kop of stert uitmaak nie en dinge begin nou gevaarlik raak. 

Die liefde wil-wil tussen die geskeide Susan (Natasha van der Merwe) en Elana (Esther von Waltsleben) opvlam, maar is daar te veel water onder daai brug of sal hulle weer ’n kans op liefde vat? 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei

So gepraat van liefde, you snooze you lose! Ava was te blind om te sien dat Lennie (Dann Jaques Mouton) eintlik ’n catch is, maar haar vriendin Ruby (Boudine Ballem) is beslis nie. Is daar dalk ’n #Luby in die toekoms? 

Winston (Bobby Stuurman) neem ’n groot stap om Ayesha (Megan Saayman) terug te wen, terwyl Rachel (Kim Syster) met mag en boundaries in haar verhouding sukkel. 

Iemand uit Anthony (Terence Bridgette) se verlede kom krap finaal dinge vir hom om. 

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies