Menu terloops

Rosie Molloy Gives Up Everything S1

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Mei 2023]


‘Rosie Molloy Gives Up Everything’ is ’n chaotiese en oproerige Britse komedie oor verslawing en selfontdekking.

Kyk nou

Rosie Molloy Gives Up Everything S1
Kyk lokprent

Rosie Molloy (Sheridan Smith) is ’n verslaafde – bedoelende dan dat sy aan álles verslaaf is. Sigarette? Jip. Alkohol? Ja, dit ook. Adderall? Xanax? Koffie? Ja, ja en ja. En die lys gaan aan. 

Ná ’n vernederende voorval by haar broer, Joey, se troue, probeer sy egter om haar lewe op ’n nuwe, gesonder, koers te kry. Dit beteken natuurlik dat sy al haar vices moet opgee. Alles. Elke liewe een.

The Guardian, wat die reeks vier uit vyf sterre gee, beskryf Rosie Molloy Gives Up Everything as “skreeusnaaks” terwyl The Independent skryf dat om die sitkom te kyk soortgelyk is aan ’n lekker aand uit wat ’n bietjie buite beheer raak.


Vanaf Maandag, 22 Mei 2023, op Showmax. Die episodes word in sarsies van drie weekliks beskikbaar gestel. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies