Menu terloops

Home Economics S1

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Apr 2023]


‘Home Economics’ bied ’n realistiese – en humoristiese – blik op die verhouding tussen drie sibbe wat elkeen in ’n ander inkomstegroep val. Nou op Showmax.

Kyk nou

Home Economics S1
Kyk lokprent

Home Economics is ’n blik op die soms hartverwarmende, soms frustrerende, soms ongemaklike verhouding tussen drie sibbe wat elk in ’n ander inkomstegroep val. Terwyl die een sukkel om kop bo water te hou, is een middelklas en die ander een stinkryk. 

Emmy-wenner Topher Grace speel Tom, ’n gesinsman en sukkelende skrywer. Jimmy Tatro vertolk op sy beurt die superryk jongste broer, Connor. Caitlin McGee is Sarah, die middelkind en ’n terapeut wat skaars genoeg verdien om haar twee aangenome kinders te voed.

Die eerste seisoen het ’n punt van 82% op Rotten Tomatoes. TVLine skryf: “Dit is soms moeilik om oor geld te praat, maar Home Economics vind ’n manier om dit amper pret te maak. 

Die tweede en derde seisoene van Home Economics is ook reeds in Amerika uitgesaai. Binge solank die eerste seisoen vanaf Donderdag, 27 April 2023 op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies