Menu terloops

Hacks S1-2

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 12 Aug 2022]


Die aktrise Jean Smart lewer ’n absolute briljante vertolking in ‘Hacks’. Die tweede seisoen is nou op DStv, terwyl die eerste seisoen reeds op Showmax is.

Kyk nou

Hacks S1-2
Kyk lokprent

In Hacks loop Deborah Vance (Jean Smart, Mare of Easttown) die gevaar om haar werk as komediant by ’n teater in Las Vegas te verloor. Intussen is ’n 25-jarige komedieskrywer in Los Angeles op soek na werk. Dit lyk of hulle elkeen kan doen met die ander se hulp, maar Deborah is skepties oor die jong skrywer.

Hul werksverhouding begin met ’n onkonvensionele reis waar Deborah kyk of Ava (Hannah Einbinder) alles sal doen wat sy vra. As sy haar daarmee kan vertrou, kan sy haar seker vertrou om vir haar nuwe materiaal te skryf?

Rozanne Els skryf: “Dis haas onmoontlik om nie Hacks te geniet nie. Die skryfwerk en storielyn is bytend slim en snaaks. Die vertelling word boonop met briljante spel deur Smart en Einbinder verhef. Die eerste seisoen is vir ’n allemintige 15 Emmy-toekennings benoem, met Smart wat onder andere vir haar karakterwerk as ’n legendariese Las Vegas-komediant gewen het. In die tweede seisoen ontwikkel die komplekse verhouding tussen Deborah en Ava verder as hulle Deborah se nuwe stand-up show op toer neem.” 

The Atlantic het geskryf: “Hacks is uitstekend in die manier waarop dit kyk na dekades se komedie op TV.”

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 12 Augustus, om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.  Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies