Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Feb 2025]

Redakteurskeuse vir Februarie 2025


Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Deur Rozanne Els
Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Februarie 2025.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

White Lotus S3

WHITE LOTUS S3 REDAKTEURSKEUSE
Die derde seisoen van White Lotus speel in Thailand af. Foto: Verskaf

Vanaf 17 Februarie 2025 om 04:00 (gelyktydige uitsending as Amerika) op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) asook ’n latere uitsending om 9pm. Ook op Showmax.

Die vorige twee seisoene van White Lotus – met sy kenmerkende mengsel van bytende sosiale kommentaar en satire – het tesame 15 Emmy-beeldjies opgelewer. Die derde seisoen sien weer hoe ’n klompie té ryk en bedorwe Amerikaners by ’n luukse White Lotus-oord aandoen – dié keer in Thailand. 

Natasha Rothwell is die enigste lid van die rolverdeling wat ons al ontmoet het. Jy sal haar onthou van die eerste seisoen as die spabestuurder in Hawaii. Die res van die spelers sluit in die bekroonde aktrise Carrie Coon (The Gilded Age), Michelle Monaghan (True Detective), Leslie Bibb (Palm Royale), Parker Posey (Lost in Space), Aimee Lou Wood (Sex Education), Walton Goggins (Fallout) en Jason Isaacs (Lucius Malfoy van Harry Potter-faam). 

Suits L.A. 

Vanaf 24 Februarie 2023 om 08:00 (gelyktydige uitsending as Amerika) op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) asook ’n latere uitsending om 7pm. Ook op Showmax.

NBC se regsdrama Suits was destyds suksesvol, ja, maar toe dit in 2023 op Netflix beskikbaar geword het, het kykertalle die hoogte in geskiet. Skielik was die reeks, wat ná nege seisoene in 2019 ten einde geloop het, weer op almal se lippe. Die tafel was dus reeds halfpad gedek om ’n spin-off te skep – hoewel nie een wat rondom die oorspronklike reeks se ikoniese Harvey Spector (Gabriel Macht) en Mike Ross (Patrick J. Adams) draai nie.

Die fokus is nou eerder op ’n nuwe “Harvey”, oftewel Ted Black, vertolk deur Arrow-alum Stephen Amell. Ted is ’n voormalige New Yorkse staatsaanklaer (nes Harvey was) wat na Los Angeles verhuis het om sy eie regspraktyk te begin. Nou verteenwoordig hy die cream van die Hollywood-crop… Soos die storie ontwikkel vind ons meer uit oor hoekom Ted die een kus vir die ander verruil het. 

Ook in die rolverdeling tel Lex Scott Davis, Josh McDermitt en Bryan Greenberg.

Kyk ook die oorspronklike Suits op Showmax

Zero Day

Redakteurskeuse, ZERO DAY
McKinley Belcher III as Carl Otieno, Mozhan Navabi as Melissa Kornblau, Robert De Niro as George Mullen, Jesse Plemons as Roger Carlson en Connie Britton as Valerie Whitesell in Zero Day. Foto: Netflix

Vanaf 20 Februarie 2025 op Netflix.

Ná ’n vernietigende kuberaanval op die VSA se vervoer- en kraginfrastruktuur wat wêreldwye implikasies ontlok, word die voormalige Amerikaanse president George Mullen (Oscarwenner Robert De Niro) gevra word om die ondersoek te lei en die oortreders te vind. 

Ook in dié politieke riller se rolverdeling tel Angela Bassett, Jesse Plemons, Lizzy Caplan en Connie Britton.

Gebokste Liefde 

Vanaf 7 Februarie 2025 op Showmax.

Annelize Frost maak haar debuut as rolprentregisseur met die Showmax Original romkom Gebokste Liefde. Dié fliek het verlede jaar by die Silwerskermfees première. 

Die Safta-wenner Tarryn Wyngaard (Devil’s Peak) vertolk die rol van ’n geskeide enkelma, Suma-Lee, wat eers haar werk as modeontwerper verloor en dan boonop uitvind dat haar eks, Dries (Roché Killian, Plaasjapie), op trou staan. Om haar frustrasies onder bedwang te bring, sluit sy by ’n boksgimnasium aan. Haar boksafrigter Clive (gespeel deur Jandré le Roux van One Piece) blyk egter ’n groter trekpleister te wees…

Ook in die rolverdeling is Erica Wessels (Donkerbos) en Emma van Heyn (Eksie Perfeksie).

Yellowjackets S3

Vanaf 15 Februarie op Showmax. 

Die derde seisoen van dié Emmy-benoemde reeks bou voort op die storie van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Wat volg is ’n stryd om oorlewing totdat hulle 19 maande later uit die wildernis gered word.

In die eerste twee seisoene is terugflitse gebruik om die verlede – waarin die oorlewendes in waansin en kannibalisme verval – met die traumatiese, komplekse nagevolge in die hede te verbind. Terwyl Melanie Lynskey en Christina Ricci se karakters terugkeer, is die tweemalige Oscarwenner Hilary Swank (Million Dollar Baby) asook Joel McHale (Community) nuut tot dié seisoen se rolverdeling. 

Frasier S1-11

Vanaf 28 Februarie 2025 op Showmax. 

Dié ikoniese reeks het in 1993 as ’n spin-off van die gewilde Ted Danson-reeks, Cheers, première. En nou kan jy weer al die manewales van die bitsige psigiater Frasier Crane (Emmy-wenner Kelsey Grammer) beleef soos hy raad op sy radioprogram uitdeel. Maar moenie dink hy weet hoe om sy probleme te hanteer nie… Dié reeks het altesaam 107 Emmy-benoemings ontvang, waarvan dit 37 keer gewen het – ’n rekord tot in 2016 toe dit deur Game of Thrones se 38ste Emmy-beeldjie getroef is. 

Running Point

Running Point
Kate Hudson as Isla Gordon in Running Point. Foto: Kat Marcinowski/Netflix

Vanaf 27 Februarie 2025 op Netflix. 

As die kreatiewe trio van Mindy Kaling, David Stassen en Ike Barinholtz kragte saamspan, kan jy maar weet daar wag lekker lag. Hul nuutste skepping, met Kate Hudson in die hoofrol, heet Running Point. Buiten Hudson is daar ook ander groot name, soos Max Greenfield, Justin Theroux en Brenda Song, wat heerlike vertolkings lewer.

Die storie begin met Isla Gordon (Hudson) wat moet oorneem as die hoof van die Los Angeles Waves, ’n legendariese professionele basketbalspan, nadat haar broer (Theroux) erg droogmaak. Hoewel sy baie ambisieus is, is Isla ook haar hele lank al oor die hoof gesien deur haar familie – sy is die enigste dogter van ’n hele lot seuns… maak jou eie afleidings… – so sy moet vinnig en hard werk om te bewys dat sy die werk kan doen. 

Dawson’s Creek S1-6

Redakteurskeuse Dawson's Creek
James van der Beek as Dawson en Katie Holmes as Joey in Dawson’s Creek. Foto: Verskaf

Vanaf 28 Februarie 2025 op Showmax beskikbaar. 

Vir Millennials is hierdie ’n nostalgiese reis om die TV-herinneringe van ons jeug te herleef. Vir ander kykers is hierdie ’n geleentheid om vir die eerste keer die karakters van die ikoniese tienerdrama te leer ken. Dawson’s Creek vertel oor die wel en weë van vier tienervriende: Dawson, ’n aspirant-filmmaker; Joey, Dawson se lewenslange beste vriendin; parmantige Pacey; en Jen, ’n stadsmeisie wat met haar aankoms op dié klein dorpie ’n hele paar dinge omdompel.

Dis al dekades ná die reeks se 1998-debuut, maar daar is steeds aanhangers wat wonder of Joey eerder met Dawson of met Pacey moes opeindig…  Diesnieteenstaande – die reeks was ’n ongelooflike wegspringplek vir die loopbane van James van Der Beek (Dawson), Katie Holmes (Joey), Joshua Jackson (Pavey) en Michelle Williams (Jen). Williams het onder meer reeds vyf Oscar-benoemings ontvang (Brokeback Mountain, Blue Valentine, My Week with Marilyn, Manchester by the Sea en The Fabelmans).

Nog voorstelle:

Apple Cider Vinegar, vanaf 6 Februarie 2025 op Netflix. Die storie is gegrond op die ware verhaal van Belle Gibson (Kaitlyn Dever) wat haar influencer-roem verwerf het met bewerings dat sy haarself met pseudo-wetenskap (soos om apple cider vinegar te drink…) van terminale breinkanker genees het. Dis net dat… Belle het eintlik nooit breinkanker gehad nie. En dit was maar net die begin van haar liegstories.

Tuiskoms, vanaf 28 Februarie 2025 op Netflix. Dié Afrikaanse drama, waarin Amalia Uys ’n sjef, Fleur, speel wat oornag haar huis en restaurant verloor, is ook die laaste sien van die ontslape aktrise Michelle Botes op die kassie. Botes, in haar laaste rol voor haar afsterwe kort voor Kersfees, vertolk hier die rol van Fleur se ma. Die reeks, met regie deur Nina Swart en vervaardig deur Infinity Films, het ook vir onder andere Edwin van der Walt, Armand Aucamp en Dawid Minnaar in die rolverdeling. 

Reacher S3, vanaf 20 Februarie 2025 op Prime Video. Die nuwe seisoen is gegrond op die sewende boek van Lee Child se trefferreeks, Persuader. Hierdie keer moet Reacher bontstaan om ’n informant te red en kom dan ’n ou vyand teë. 

reacher
Spiertier! Alan Ritchson as Jack Reacher. Foto: Verskaf

The Gorge, vanaf 14 Februarie 2025 op Apple TV+. Dié wetenskapfiksie-rillerfliek vertel oor twee sluipskutters wat ’n vreemde opdrag ontvang: om aan weerskante van ’n diep en ondeurdringbare kloof te waak – sonder enige inligting oor wat presies die gevaar is wat die kloof se donkerte inhou…

The Gorge, Apple TV,
Miles Teller en Anya Taylor-Joy vertolk die hoofrolle in The Gorge. Foto: Verskaf

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies