Menu terloops
In Wat om te kyk [7 Jan 2025]

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom


Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Hoewel die grootste wenner by die 82ste Golden Globes, die musiekprent Emilia Pérez, nog nie plaaslik beskikbaar is om te kyk nie, is meeste van vanjaar se wenners reeds ’n geruime tyd op ’n verskeidenheid platforms beskikbaar. As jy al die benoemdes by die wenners voeg (ongelukkig het reekse soos Nobody Wants This en The Day of the Jackal uitgemis) raak die lys van lekker kykstof net langer. 

Hier is vanjaar se Golden Globe-wenners (en waar jy dit plaaslik kan stroom): 

Televisie

Beste TV-reeks, drama

Shõgun – Disney+

Beste televisiereeks, musiek of komedie

Hacks  – Showmax

Beste beperkte TV-reeks of TV-film 

Baby Reindeer – Netflix

Golden Globes 2025, Baby Reindeer
Richard Gadd en Jessica Gunning in Baby Reindeer. Dié reeks, gegrond op werklike gebeure in Gadd se lewe, het twee Golden Globes opgeraap, waaronder vir Gunning se spel. Foto: Netflix

Beste aktrise, drama

Anna Sawai in Shõgun – Disney+

Beste akteur, drama

Hiroyuki Sanada in Shõgun – Disney+

Beste aktrise, musiek of komedie

Jean Smart in Hacks  – Showmax

Jean Smart, Hacks
Jean Smart het die soveelste toekenning vir haar spel in Hacks gewen. Foto: Verskaf

Beste akteur, musiek of komedie

Jeremy Allen White in The Bear – Disney+

Beste aktrise, beperkte TV-reeks of -prent

Jodie Foster in True Detective: Night Country – Showmax

Beste akteur, beperkte TV-reeks of -prent

Colin Farrell in The Penguin – Showmax

Golden Globes 2025, The Penguin, Colin Farrell
Colin Farrell het ’n radikale transformasie ondergaan om sy rol in The Penguin te vertolk. Foto: Verskaf

Beste vroulike byspeler

Jessica Gunning in Baby Reindeer – Netflix

Beste manlike byspeler 

Tadanobu Asano in Shõgun – Disney+

Beste standup-komedie 

Ali Wong in Ali Wong: Single Lady – Netflix

Film 

Beste film, drama

The Brutalist

Beste film, musiekprent of komedie

Emilia Pérez

Beste aktrise, drama

Fernanda Torres, I’m Still Here (binnekort op  – Apple TV+)

Beste akteur, drama

Adrien Brody, The Brutalist

Beste aktrise, musiekprent of komedie

Demi Moore, The Substance – Apple TV+/Prime Video

Beste akteur, musiekprent of komedie

Sebastian Stan, A Different Man – Apple TV+/Prime Video

Beste animasieprent

Flow – Apple TV+

Beste internasionale film

Emilia Pérez

Beste vroulike byspeler 

Zoe Saldaña, Emilia Pérez

Beste manlike byspeler

Kieran Culkin, A Real Pain

Beste regisseur 

Brady Corbet, The Brutalist

Beste draaiboek 

Peter Straughan, Conclave – Apple TV+/Prime Video

Beste klankbaan 

Challengers – Prime Video

Beste oorspronklike lied in ’n film

“El Mal”, Emilia Pérez

Beste prestasie vir kinematografie en verdienste by die loket

Wicked

Kyk ook dié benoemdes

Dié benoemde reekse het wel op ’n beeldjie uitgemis, maar is baie beslis die fanfare en die kyk werd:

TV-drama 

Golden Globes, The Day of the Jackal
Eddie Redmayne in The Day of the Jackal. Foto: Marcell Piti/Carnival Film Television Limited)

The Day of the JackalShowmax (vanaf 13 Januarie op Showmax)

The Diplomat  – Netflix

Mr and Mrs Smith – Prime Video 

Slow Horses – Apple TV+

Squid Game – Netflix

TV-komedie

Abbott Elementary – Disney+

The Bear – Disney+

The Gentlemen – Netflix

Nobody Wants This – Netflix

Only Murders in the Building – Disney+

Nobody Wants This, Netflix
Adam Brody as Noah en Kristen Bell as Joanne in Nobody Wants This. Foto: Adam Rose/Netflix

Beperkte TV-reeks of TV-fliek

Disclaimer  – Apple TV+

Monsters: The Lyle and Erik Menendez Story – Netflix

The Penguin – Showmax

Ripley – Netflix

True Detective: Night Country – Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies