Menu terloops

Platonic S1

Op Ander [Gepubliseer op 24 Mei 2023]


In ‘Platonic’ span Seth Rogen en Rose Byrne kragte saam om ’n ligte, maar deernisvolle blik op ’n platoniese vriendskap tussen ’n man en ’n vrou te gee.

Platonic S1
Kyk lokprent

Emily Bernard van Collider meen Platonic is een van die sterkste nuwe TV-reekse vanjaar en skryf dit toe aan die noue voeling tussen die akteurs Seth Rogen en Rose Byrne. 

Die reeks vertel oor ’n platoniese paartjie se reconnection nadat die voormalige universiteitsvriende vir jare nie gepraat het nie. Die vriendskap vat weer vlam, met skreeusnaakse scenarios – wat soms net heeltemal te relatable is – wat volg. 

Platonic gaan nie soveel oor of vroue en mans vriende (sonder voordele) kan wees nie – eerder hoekom súlke vriendskappe bestaan. 

Hollywood Reporter se Angie Han loof ook die egte band tussen die akteurs. “Byrne en Rogen, wat nagenoeg ’n dekade gelede ’n getroude paartjie in Neighbors gespeel het, is moontlik selfs beter as pêlle, danksy hul spelerige, gemaklike chemistry.”


Vanaf Woensdag, 24 Mei 2023, op Apple TV+.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van misdaadreekse
15

15+ van die beste spanningsbelaaide polisiereekse om nou te kyk

Wat om te kyk: Daar is heelwat ander meesleurende polisie- en misdaadreekse om te stroom – hier is ons keur van die huidige bestes.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2024: Vonke spat in ‘Bridgerton’ S3, ‘Juffrou X’ boei, en nog

Wat om te kyk: Die nuwe seisoen van ‘Bridgerton’, kykNET se moet-kyk dramareeks ‘Juffrou X’ en nog twee boeke wat in TV-reekse omskep is, ‘Dark Matter’ en ‘Maxton Hall’, tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Mei 2024

Amanda se troebel verlede kom onder die loep, terwyl Kyla dalk ’n bietjie te hard kuier. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, 'Wyfie', kan verwag.

Meer

Jou ‘Arendsvlei’-gids vir Mei 2024

Die Vlei se mense kry hartseer nuus, verhoudings neem nuwe draaie, en Desmond sal moet pasop vir Audrey – 'Arendsvlei'-kykers kan na dít en nog meer in Mei uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies