Menu terloops

High Desert S1

Op Ander [Gepubliseer op 17 Mei 2023]


Die komediereeks ‘High Desert’ vertel die storie van Peggy, ’n dwelmverslaafde wat ná haar ma se dood besluit om ’n private speurder te word.

High Desert S1
Kyk lokprent

Die aktrise Patricia Arquette vertolk die hoofrol in die nuwe komediereeks, High Desert. Dis ’n sterbelaaide rolverdeling – ook Rupert Friend, Matt Dillon, Brad Garrett en Bernadette Peters tel onder die spelers. 

High Desert draai om Peggy (Arquette in maar net nog een van haar briljante vertolkings). Peggy se lewe is heeltemal ná haar ma se dood omgedolwe. Sien, Peggy is ’n on-again-off-again-dwelmverslaafde, maar die verlies van haar ma dryf haar tot radikale verandering as sy besluit om ’n private speurder te word.

Die storie, wat in die klein woestyndorpie van Yucca Valley, Kalifornië, afspeel, se wyer narratiewe draad sien hoe dié dorpie se karakters elkeen hul eie ommekeer deurgaan – van Guru Bob (Friend), ’n voormalige nuusleser wat hom nou as ’n woestyn mystic voordoen, tot Bruce (Garrett), Peggy se nuwe baas wat dit skaars regkry om sy besigheid aan die gang te hou. 


Vanaf Woensdag, 17 Mei 2023, op Apple TV+ beskikbaar om te stroom. Die eerste drie episodes word saam uitgereik, waarna nuwe episodes weekliks beskikbaar gestel sal word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies