Menu terloops

Blockbuster S1

Op Netflix [Gepubliseer op 3 Nov 2022]


Dis lekker lag al die pad met dié komediereeks oor die laaste Blockbuster-videowinkel wat nog nie onder die druk van stromingsdienste geswig het nie.

Blockbuster S1
Kyk lokprent

Timmy Yoon (Randall Park) is ’n analoog-dromer wat in ’n 5G-wêreld leef. Letterlik. Hy het immers sy hele volwasse lewe aan sy liefde vir flieks gewy deur eers by die Blockbuster Video in sy tuisdorp te werk en later as bestuurder oor te neem.

Soos tegnologie oor die jare verander maak die een ná die ander videowinkel toe. Dan kom die oproep – sy Blockbuster Video is die laaste een oor. In die hele wêreld. Timmy en sy werknemers moet bontstaan om die plek oop te hou. 

Park (Fresh Off The Boat, Always Be My Maybe) is nommerpas as Timmy en die res van Blockbuster se rolverdeling pas gemaklik by sy ekstra-droë-humorsin aan. Melissa Fumero (Brooklyn Nine-Nine) en Olga Merediz (In the Heights, Encanto) is veral goed om die draaiboek met genuanseerde physical comedy in te kleur.

Die bekroonde akteur J.B. Smoove (Curb Your Enthusiasm) maak dié komediereeks ekstra lekker met sy kenmerkende spel-mannerismes wat ’n mens, soos met Jennifer Coolidge se spel in Two Broke Girls, na verlang as jy dit vir ’n ruk lank nie ervaar het nie.

Vanaf 3 November op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies