Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.
Dinsdag, 1 April
Antonio probeer om Caio te onterf, maar Caio baklei vir sy erfdeel teen sy agressiewe pa. Aline baklei vir haar deel van die plaas wat deur haar man nagelaat is.
Woensdag, 2 April
Jurecê gee vir Aline die akte op haar grond, wat hy op Samuel se versoek bewaar het. Caio blaas stoom af by Aline, trots op homself. Cândida bepleit Caio se saak by Antônio, maar dit is tevergeefs.
Donderdag, 3 April
Caio word deur Antônio uit die huis geskop. Lucinda ontvang komplimente van Marino. Aline konfronteer Antônio. Caio en Daniel sluit ’n ooreenkoms.
Maandag, 7 April
Lucinda bied aan om Aline te help en Ademir stem in om haar te ondersteun. Aline vind uit dat Antônio water van haar grond af lei. Daniel bely sy liefde vir Aline.
Dinsdag, 8 April
Irene gee voor om Daniel te ondersteun as hy sy liefde vir Aline bely. Antônio weier om die dagvaarding vir Caio se regsgeding teen hom te onderteken.
Woensdag, 9 April
Aline vertel vir Daniel van haar gesprek met Irene. Aline vrees vir Isabel se veiligheid. Isabel vra vir Antônio vir geld in ruil vir die brief wat Aline geskryf het.
Donderdag, 10 April
Antônio sê vir Irene dat hy die misdaad sal gebruik om Aline te teiken en onthul dat hy belangstel in die water op die weduwee se grond. Luigi sê vir Petra dat hulle gaan trou.
Maandag, 14 April
Tadeu gee vir Luigi ’n werk by die koöperasie. Marino arresteer Aline. Cândida sterf. Caio dreig vir Marino, wat hom dan uit die polisiestasie gooi.
Dinsdag, 15 April
Berenice neem Cândida se besigheid oor. Aline sê vir Caio dat sy nie vir hom lief is nie. Ruan bieg aan Aline dat hy in sy verklaring in opdrag van Antônio gelieg het.
Woensdag, 16 April
Aline en Daniel neem ’n blaaskans. Luigi gee vir Petra ’n verloofring. Marino merk Lucinda se kneusplek op en sê vir haar sy kan haar man aangee.
Donderdag, 17 April
Aline weier om met Antônio te onderhandel en oorweeg dit om terug te gaan skool toe om haar gesin te onderhou. Antônio raak emosioneel wanneer hy Caio by Agatha se graf sien.
Maandag, 21 April
Caio vind ’n hartseer Aline en troos haar. Aline aanvaar nie die geld wat Caio haar aanbied nie. Antônio gee Ramiro opdrag om Aline te dwing om hom van water te voorsien.
Dinsdag, 22 April
Ademir sê vir Irene dat hy weet sy wil van hom ontslae raak omdat hy van haar verlede weet. Kelvin steek vir Ramiro in sy kamer weg. Caio konfronteer vir Kelvin, wat Ramiro help ontsnap.
Woensdag, 23 April
Kelvin gee vir Ramiro raad. Graça vertel vir Irene dat sy swanger is. Haar skoonma dink dan dat Daniel die pa is. Aline nooi Caio na ’n dankie-ete.
Donderdag, 24 April
Irene gee vir Antônio die dokument wat hom in die moeilikheid kan bring. Antônio dwing Luigi om ’n voorhuwelikse kontrak met Petra te sluit. Aline en Daniel vind ’n lyk in die rivier.
Maandag, 28 April
Irene vra Aline om vir Daniel aan te raai om geduldig te wees met hul verhouding totdat haar seun die opvolging van die besigheid verseker het. Antônio wonder wat Irene by Aline se huis doen.
Dinsdag, 29 April
Caio praat sy hart uit by Aline. Luigi dreig vir Andrade. Aline sê vir Daniel dat sy skaam is vir hom. Franco waarsku vir Aline dat sy haar grond sal verloor as sy nie die lening afbetaal nie.
Woensdag, 30 April
Aline trek Caio se aandag af sodat Daniel ongesiens kan ontsnap. Daniel vind uit dat Caio op Aline verlief is. Caio sê vir Daniel dat Luigi se ma vreemd lyk.
Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die laaste episode word op 17 Maart uitgesaai.