Menu terloops
In Sepies [26 Mar 2025]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir April 2025


Die vete tussen Joe en Nicolette bereik breekpunt en ’n joernalis se vrae het Annetjie op hol. Kykers kan na dít en nog baie meer vandeesmaand op ‘Binnelanders’ uitsien.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir April 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Dinsdag, 1 April

Ella konfronteer LJ oor Thalia en Riekie, en Annetjie ontvang ’n boodskap van At. Conrad gee vir Nicolette ’n geleentheid waarop sy al lankal wag.

Woensdag, 2 April

Delia is verbaas wanneer sy van Annetjie se nuwe aanstelling uitvind, Kiepersol kry ’n nuwe inwoner, en Conrad moet vrae beantwoord. Nicolette ontvang ontstellende nuus.

Donderdag, 3 April

Joe sit met die hande in die hare oor Nicolette se onredelikheid. Elise voel aan iets is nie pluis met haar nuwe vriendin nie, en LJ deel ’n moontlike toekomsdroom met Uys.

Vrydag, 4 April

’n Stoorkamer veroorsaak struwelinge tussen Annetjie en Ella, en Thalia weier om met Naomi te praat. Die registrars verloor hulle vertroue in Joe, en hy verloor sy humeur met Jess. 

Maandag, 7 April

Joe besef hy sal met sy ma oor Anya moet praat, en Elise probeer uitpluis wat tussen Thalia en LJ skeefgeloop het. Ella kry ’n blink idee oor wat sy met haar stoorgoed kan doen.

Dinsdag, 8 April

Yvonne voel haar kinders het haar verraai, en Naomi voel seergemaak dat Thalia haar hart teenoor Elise, eerder as teenoor haar, oopgemaak het. Tertius is keelvol vir die vete tussen Joe en Nicolette.

Woensdag, 9 April

Uys probeer sy bes om vredemaker tussen Joe en Nicolette te speel, LJ sit hand by met ’n straatverkoping, en Anya moet noodgedwonge weer na Binneland terugkeer.

Donderdag, 10 April

Joe se pasiënt beleef ’n terugslag, en Ella verduidelik ’n ongemaklike, hewige reaksie aan Tracy. Naomi en Uys vat vir Nicolette vas. 

Vrydag, 11 April            

Max vat die blaam vir iets wat ’n registrar verkeerd gedoen het, en Nicolette word die kans van ’n leeftyd aangebied. LJ dink hy het ’n skokkende ontdekking oor die verlede gemaak.

Maandag, 14 April

Joe is oorgehaal om oop kaarte met Delia te speel, en Anya vermoed Max is nie heeltemal eerlik met haar nie. Uys dink Nicolette werk steeds te hard, en LJ vind meer uit oor ’n foto. 

Dinsdag, 15 April

Joe se selfvertroue het ’n knou weg, en Nicolette neem haar kans waar. Ella besef hoekom Annetjie so vyandig teenoor haar optree, en LJ se frustrasies loop oor. 

Woensdag, 16 April

Tertius is bekommerd dat sy grootste vrese voor sy oë gaan waar word, en Louis se raad aan Thalia boemerang. Anya laat val ’n bom wanneer Max haar konfronteer.

Donderdag, 17 April

Max konfronteer Nicolette en bevraagteken haar motiewe, en LJ probeer sy bes om Thalia om vergifnis te vra. Uys word onkant betrap deur ’n onverwagse besoeker.

Vrydag, 18 April

Annetjie is geïrriteerd met ’n man by Thusanang wat ’n klomp vrae vra, en Max en Nicolette gaan ’n ooreenkoms aan. Joe neem ’n groot besluit. 

Maandag, 21 April

Nicolette wil vir Uys raad gee, maar hy wil niks hoor nie. Max is woedend oor Joe se besluit, en Thalia besluit om LJ te vergewe, maar hy het iets op die hart. 

Dinsdag, 22 April

Tracy trek ’n streep wat Uys betref, en daar is ’n maagvirus in die omtrek. LJ verduidelik sy standpunt. 

Woensdag, 23 April

’n Ongevalle-verpleegsuster is op dun ys oor haar houding, en Uys is onseker oor wat hy moet doen. ’n Geliefde paartjie neem voorlopig eers afskeid van mekaar.

Donderdag, 24 April

Naomi het ’n gesprek met ’n verpleegsuster, en Annetjie is bekommerd oor ’n joernalis. Uys besluit om ’n kans op iemand te waag, maar dan loop dinge lelik skeef. 

Vrydag, 25 April

Joe en Jess speel oop kaarte met mekaar, en Annetjie raak al meer bekommerd oor die man wat so knaend vrae vra oor die bestuur van die hospitale – en veral oor At Koster.

Maandag, 28 April

At word gewaarsku, en Conrad geniet ’n verpleegsuster se sin vir humor. Nicolette is geskok wanneer sy iemand in Mimi’s herken, en Joe deel nuus met sy huismense. 

Dinsdag, 29 April

Joe het ’n tydelike oplossing vir Jess se probleme, en Cecile doen baie moeite om ’n sekere dokter se lewe makliker te maak. Nicolette vermoed iemand het ’n verskuilde agenda.

Woensdag, 30 April

At is terug om sake in eie hande te neem, maar dinge verloop nie heeltemal volgens plan nie. Fiona verras Joe by die huis, en Cecile is baie ingenome met haarself.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-13 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies