Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Dinsdag, 1 April
Ella konfronteer LJ oor Thalia en Riekie, en Annetjie ontvang ’n boodskap van At. Conrad gee vir Nicolette ’n geleentheid waarop sy al lankal wag.
Woensdag, 2 April
Delia is verbaas wanneer sy van Annetjie se nuwe aanstelling uitvind, Kiepersol kry ’n nuwe inwoner, en Conrad moet vrae beantwoord. Nicolette ontvang ontstellende nuus.
Donderdag, 3 April
Joe sit met die hande in die hare oor Nicolette se onredelikheid. Elise voel aan iets is nie pluis met haar nuwe vriendin nie, en LJ deel ’n moontlike toekomsdroom met Uys.
Vrydag, 4 April
’n Stoorkamer veroorsaak struwelinge tussen Annetjie en Ella, en Thalia weier om met Naomi te praat. Die registrars verloor hulle vertroue in Joe, en hy verloor sy humeur met Jess.
Maandag, 7 April
Joe besef hy sal met sy ma oor Anya moet praat, en Elise probeer uitpluis wat tussen Thalia en LJ skeefgeloop het. Ella kry ’n blink idee oor wat sy met haar stoorgoed kan doen.
Dinsdag, 8 April
Yvonne voel haar kinders het haar verraai, en Naomi voel seergemaak dat Thalia haar hart teenoor Elise, eerder as teenoor haar, oopgemaak het. Tertius is keelvol vir die vete tussen Joe en Nicolette.
Woensdag, 9 April
Uys probeer sy bes om vredemaker tussen Joe en Nicolette te speel, LJ sit hand by met ’n straatverkoping, en Anya moet noodgedwonge weer na Binneland terugkeer.
Donderdag, 10 April
Joe se pasiënt beleef ’n terugslag, en Ella verduidelik ’n ongemaklike, hewige reaksie aan Tracy. Naomi en Uys vat vir Nicolette vas.
Vrydag, 11 April
Max vat die blaam vir iets wat ’n registrar verkeerd gedoen het, en Nicolette word die kans van ’n leeftyd aangebied. LJ dink hy het ’n skokkende ontdekking oor die verlede gemaak.
Maandag, 14 April
Joe is oorgehaal om oop kaarte met Delia te speel, en Anya vermoed Max is nie heeltemal eerlik met haar nie. Uys dink Nicolette werk steeds te hard, en LJ vind meer uit oor ’n foto.
Dinsdag, 15 April
Joe se selfvertroue het ’n knou weg, en Nicolette neem haar kans waar. Ella besef hoekom Annetjie so vyandig teenoor haar optree, en LJ se frustrasies loop oor.
Woensdag, 16 April
Tertius is bekommerd dat sy grootste vrese voor sy oë gaan waar word, en Louis se raad aan Thalia boemerang. Anya laat val ’n bom wanneer Max haar konfronteer.
Donderdag, 17 April
Max konfronteer Nicolette en bevraagteken haar motiewe, en LJ probeer sy bes om Thalia om vergifnis te vra. Uys word onkant betrap deur ’n onverwagse besoeker.
Vrydag, 18 April
Annetjie is geïrriteerd met ’n man by Thusanang wat ’n klomp vrae vra, en Max en Nicolette gaan ’n ooreenkoms aan. Joe neem ’n groot besluit.
Maandag, 21 April
Nicolette wil vir Uys raad gee, maar hy wil niks hoor nie. Max is woedend oor Joe se besluit, en Thalia besluit om LJ te vergewe, maar hy het iets op die hart.
Dinsdag, 22 April
Tracy trek ’n streep wat Uys betref, en daar is ’n maagvirus in die omtrek. LJ verduidelik sy standpunt.
Woensdag, 23 April
’n Ongevalle-verpleegsuster is op dun ys oor haar houding, en Uys is onseker oor wat hy moet doen. ’n Geliefde paartjie neem voorlopig eers afskeid van mekaar.
Donderdag, 24 April
Naomi het ’n gesprek met ’n verpleegsuster, en Annetjie is bekommerd oor ’n joernalis. Uys besluit om ’n kans op iemand te waag, maar dan loop dinge lelik skeef.
Vrydag, 25 April
Joe en Jess speel oop kaarte met mekaar, en Annetjie raak al meer bekommerd oor die man wat so knaend vrae vra oor die bestuur van die hospitale – en veral oor At Koster.
Maandag, 28 April
At word gewaarsku, en Conrad geniet ’n verpleegsuster se sin vir humor. Nicolette is geskok wanneer sy iemand in Mimi’s herken, en Joe deel nuus met sy huismense.
Dinsdag, 29 April
Joe het ’n tydelike oplossing vir Jess se probleme, en Cecile doen baie moeite om ’n sekere dokter se lewe makliker te maak. Nicolette vermoed iemand het ’n verskuilde agenda.
Woensdag, 30 April
At is terug om sake in eie hande te neem, maar dinge verloop nie heeltemal volgens plan nie. Fiona verras Joe by die huis, en Cecile is baie ingenome met haarself.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-13 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.