Menu terloops
In Onderhoude [6 Sep 2023]

‘Outlaws’ se Nolwazi Shange: ‘Hierdie was my droomrol’ sê aktrise oor Showmax se Wilde Weste-reeks


Showmax se nuutste plaaslike reeks, ‘Outlaws’, spog met onder andere die Safta-wenner Nolwazi Shange wat ’n beduiwelde matriarg vertolk.

Kyk nou

‘Outlaws’ se Nolwazi Shange: ‘Hierdie was my droomrol’ sê aktrise oor Showmax se Wilde Weste-reeks
Kyk lokprent

Met die debuut van die moderne Western-reeks, Outlaws, maak kykers kennis met die aktrise Nolwazi Shange as Nandi, die hardekwas matriarg van die Biyela clan, ’n Zoeloe-familie wat met beeste boer en in ’n stryd gewikkel is met die Ts’eoles, wat Basotho-veediewe is.

Nolwazi, van KZN, het as Precious in A Place Called Home naam vir haarself gemaak. Sy het ’n Safta as beste aktrise in ’n TV-drama vir dié rol ontvang.

Vir meer as ’n dekade reeds het sy een na die ander indrukwekkende vertoning gelewer, waaronder as Ntombi in die Safta-benoemde Intersexions en as Dezi in Otelo Burning.

Onlangs het sy die rol van Sibongile in Mzali Wam vertolk en as Mbali Khubeka in Scandal! kykers op die punt van hul stoele gehad.

Sy vertel meer oor haar rol in Outlaws.

Ons het nog nie iets soos Outlaws in Suid-Afrika gesien nie. Wat was jou eerste reaksie toe jy die draaiboek gekry het?    

“My eerste reaksie was ‘Sign me up!’ Ek was onmiddellik opgewonde oor die idee om betrokke te wees in aksietonele en om my liggaam op daardie manier uit te daag. Dit was ’n eerste vir my in al die jare wat ek werk. Luister, ek is nie ’n delikate meisie nie en vir my was dit nogal cool dat ek my liggaam op daardie manier kon gebruik. Dit was ’n thrill!” 

Hoekom het jy ‘ja’ gesê vir Outlaws?

“Dit was die storie. Dis ook my eerste Showmax Original. Hierdie was my droom en ek hoop om meer geleenthede te kry. ”  

Was die rol meer veeleisend as wat jy verwag het?   

“Baie beslis. Dit het ’n paar dae geneem om die epic sequences te skiet en my liggaam is uitgedaag. Maar ek sal dit weer doen as ek die kans kry.”  

Herken jy iets van Nandi in jouself?

“O, ja! Nandi is hardkoppig en vasberade. Sy skram nie weg van uitdagings nie, maar gaan volstoom vorentoe met ’n duidelike strategie in haar kop. Sy is ook teenwoordig en nurturing. Dalk oorskat ek myself hier ’n bietjie, maar ek glo ek beskik oor hierdie eienskappe.”

Hoe pas jy aan by elke rol wat jy vertolk?

“Voorbereiding. Dis een stap wat ek nooit afskeep nie. Wie is die karakter wat ek vertolk? Wat is hul doel? Wat is die verbintenis tussen hulle en die ander karakters? Ek kyk dan of die keuses wat ek gemaak het, reg oorkom en probeer om nie tricks te herhaal wat ek vantevore gedoen het nie.

“Dit kom van ’n plek van ware liefde en respek. Ek is gek oor performing en respekteer dit as ’n kunsvorm. Ek wil aanhou verbeter. Dít dryf my.”   

Hoe het jy vir hierdie rol voorberei?

“Dit was baie mental. Gelukkig het ek al ’n vuurwapen hanteer en opleiding ontvang. Dit het my meer opgewonde gemaak as wat dit my geïntimideer het. Ons het al die aksie-sequences baie deeglik geoefen en dit het gehelp toe ons op die stel was. Dit het nie vreemd gevoel nie.

“Ek hou daarvan om die draaiboek te lees, wel – eintlik te bestudeer – en dan met die (ander) akteurs te praat om uit te vind hoe hulle dit interpreteer om só die storie beter te verstaan. Dit gee vir my genoeg kennis om my instink die voortou te laat neem waneer ons skiet. Ek glo die eerste reaksie of gevoel is altyd die regte een. Dit is waarop ek dan voortbou.”   

Hoe gaan jy te werk om na jouself om te sien wanneer jy die emosioneel-intense tonele verwerk?    

“Ek durf nie myself toelaat om te vergeet dat dit die karakter is wat daardeur gaan, en nie ek nie. Maar ek vind dit makliker om dit te verwerk met stilte, solitude en stil meditasie.”   

Hoe belangrik is dit om ons stories as Suid-Afrikaners te vertel?

“Ons moet dit doen. En meer as net vertel, ons moet dit opslurp. Ons moet ’n gehoor wees wat ons stories kyk en as die kans opduik, positiewe terugvoer te gee.

“Dit is ons verantwoordelik. Hoe sal ons bedryf andersins kan groei?”  

Hoekom moet mense dit kyk? 

“Dit is ’n pragtige storie met uitstekende akteurs. Ek wil hê kykers moet meegevoer word met die storie en terugsit en genot put uit oor hoe hierdie pragtige storie vertel word.”


Outlaws is vanaf Woensdag, 6 September 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies