Menu terloops
In Gons [17 Aug 2023]

‘Op my eish!’: Jo Black is Brendan Peyper se ‘wingman’


Die musikant Brendan Peyper soek liefde in die derde seisoen van ‘Op my eish!’…maar jy gaan eers verby sy wingman Jo Black moet kom as jy sy hart wil wen.

‘Op my eish!’: Jo Black is Brendan Peyper se ‘wingman’
Kyk lokprent

Wanneer jy liefde soek, het jy so nou en dan ’n klankbord nodig. Iemand wat jou baie goed ken en jou belange op die hart dra. Wanneer jy op die koop toe in die openbare oog liefde soek, het jy meer as net raad nodig. Jy soek ’n vertroueling, ’n goeie vriend, iemand wat dalk net daardie klein bietjie ouer en wyser as jy is. Dít is presies wat Jo Black vir Brendan Peyper is. Daarom het die ewe bekende 41-jarige Jo ingestem om Brendan (27) se wingman vir die nuwe seisoen van Op my eish! te wees.

“Jo en Brendan is goeie vriende en omdat Jo reeds ’n getroude man met kinders is, sal hy vir Brendan goed kan bystaan in die proses,” sê Jaco Spies, regisseur van die reeks, in ’n mediaverklaring .

“Jo is natuurlik ook ’n gunsteling by ons kykers. Uiteindelik was dit ’n maklike en voor die hand liggende besluit.

Die wingman se taak

“Ek glo Jo gaan vir Brendan ’n anker wees. Dit lyk na pret om die vrygesel op só ’n realtiteitsreeks te wees, maar dit is dikwels moeilik. Dit kan ingewikkeld raak wanneer Brendan een van die vroue moet huis toe stuur. Jo se charisma en gemaklike persoonlikheid is beslis ’n aanwins vir die reeks.

“ ’n Wingman se uitsluitlike doel is om die vrygesel in ’n goeie lig te stel en die ys te breek met die eerste ontmoetings,” voeg Jaco by. “Hy leer ook self die vrou ken om só vir ons vrygesel goeie raad te gee.”

Jo meen weer dat sy en Brendan se gevestigde vriendskap en die vrymoedigheid wat hulle met mekaar het, van hom ’n goeie wingman vir Brendan maak.

“Omdat ek self in die (musiek)bedryf werk, is dit makliker om hom in ’n positiewe rigting te stuur en sy voete op die grond te hou. Danksy ons openhartige verhouding, gaan hy dit ook makliker van my op die ken vat.”

Vir Jo is objektiewe advies ’n wingman se belangrikste taak.

“Dan moet jy betroubaar, lojaal en ondersteunend wees.”

Jo het groot hoop vir die uiteinde van dié reeks en sien uit na die moontlikheid dat iemand Brendan se voete onder hom sal uitslaan.

“Hopelik kry (ons) die kans om een van die mooiste liefdesverhale te sien ontvou,” sê hy.

“Ek weet wat dit beteken om ’n goeie vrou te hê, veral in hierdie bedryf. As kunstenaar kry die wêreld altyd die beste van jou, maar jy kort iemand wat die stukke kan optel wanneer jy self op die vloer is.”

Volgens Brendan het hy ingestem om deel van die program te wees omdat “ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie. Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie.”

Kliek HIER om vir die reeks in te skryf. Onthou om die volgende gereed te hê voordat jy met die inskryfproses begin.

  1. Twee onlangse kleurfoto’s van jouself – een kop-en-skouers- en een vollengtefoto.
  2. ’n Afskrif van jou ID-dokument om te wys dat jy ouer as 21 is.
  3. Neem ook ’n kort video van jouself waarin jy jouself beskryf. Vertel meer oor jou familie, vriende, hoekom jy dink Brendan die man van jou drome is en wat jy uit ’n verhouding verwag. Die video moet opwindend wees, maar onder twee minute lank en daar moet geen musiek gebruik word nie.

    Stroom die eerste seisoen van Op My Eish! op Showmax.

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    21

    21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

    Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

    Meer
    26

    ‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

    Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

    Meer

    Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

    Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

    Meer

    Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

    Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

    Meer
    Sien alle opsies