Menu terloops
In Gons [14 Aug 2023]

Só skryf jy in vir 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’


Die inskrywings vir die nuwe seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’ is nou oop. Hier vertel die reeks se aanbieder, Marciel Hopkins, oor hoekom sy opgewonde is oor die liefdesstories wat in die komende seisoen geskryf gaan word, en ons gee ook inligting oor hoe jy kan inskryf as jy dalk self deel van só ’n verhaal wil wees…

Stroom vorige seisoene

Só skryf jy in vir 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’

Tientalle Suid-Afrikaanse boere het sedert 2007 die liefdes van hul lewe danksy die gewilde kykNET-reeks, Boer soek ’n vrou, gevind. Kyk maar net ná die drie verhoudings wat uit die 15de seisoen, wat vroeër vanjaar uitgesaai is, geblom het. Terwyl Hennie en Eloïse, asook Francois en Vanessa, verloof is, het Louis B en Rachie ook mekaar gevind. Boonop het Francois en Vanessa onlangs die trotse ouers van ’n pragtige babaseuntjie geword. 

Boer soek 'n vrou S16 op kykNET met Marciel Hopkins as aanbieder.
Inskrywings vir die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou is nou oop. Foto: Verskaf

Marciel Hopkins, Boer soek ’n vrou-aanbieder, sê in ’n persverklaring dat dit vir haar ’n reuse-voorreg is om Boer soek ’n vrou vir ’n vierde seisoen aan te bied. 

“Ek is elke jaar van vooraf opgewonde oor al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet, die mooi plekke van ons land wat ek sal sien en natuurlik ook die pragtige liefdesstories wat geskryf gaan word,” sê sy.

Ek glo met my hele hart in Boer soek ’n vrou se potensiaal om die liefde te laat blom en dit maak my werk vir my lekker en opwindend.

Marciel Hopkins

“Die afgelope 15 seisoene het reeds bewys hoe mense se lewens wesenlik kan verander wanneer hulle die regte persoon vind om die lewe vorentoe mee aan te pak. Boer soek ‘n vrou is ’n wonderlike platform waardeur jy nuwe mense kan ontmoet en leer ken. Ek sal enigiemand aanmoedig om braaf te wees en in te skryf vir hul kans op liefde.” 

Volgens haar lê die sukses van die reeks deels daarin dat daar genoeg tyd is vir deelnemers om mekaar beter te leer ken. “Dit help wanneer belangrike toekomsbesluite geneem word,” sê sy.  

“Ek glo met my hele hart in Boer soek ’n vrou se potensiaal om die liefde te laat blom en dit maak my werk vir my lekker en opwindend.”

kykNET soek juis nou ’n nuwe oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 16de seisoen. 

Só kan boere inskryf:

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
  • Bel: 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel. 
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 7 September 2023 bereik.
  • Die top-tien boere vir die 16de seisoen sal op 29 Oktober tydens ’n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. 
  • Die 16de reeks sal van 11 Julie 2024 oudergewoonte op Donderdae om 20:00 op kykNET uitsaai. 

    Vorige seisoene van dié reeks is tans op Showmax beskikbaar om te stroom.

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

    Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

    Meer
    6

    ‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

    Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

    Meer

    Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

    Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

    Meer

    Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

    Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

    Meer
    Sien alle opsies