Menu terloops
In Gons [14 Aug 2023]

Só skryf jy in vir 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’


Die inskrywings vir die nuwe seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’ is nou oop. Hier vertel die reeks se aanbieder, Marciel Hopkins, oor hoekom sy opgewonde is oor die liefdesstories wat in die komende seisoen geskryf gaan word, en ons gee ook inligting oor hoe jy kan inskryf as jy dalk self deel van só ’n verhaal wil wees…

Stroom vorige seisoene

Só skryf jy in vir 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’

Tientalle Suid-Afrikaanse boere het sedert 2007 die liefdes van hul lewe danksy die gewilde kykNET-reeks, Boer soek ’n vrou, gevind. Kyk maar net ná die drie verhoudings wat uit die 15de seisoen, wat vroeër vanjaar uitgesaai is, geblom het. Terwyl Hennie en Eloïse, asook Francois en Vanessa, verloof is, het Louis B en Rachie ook mekaar gevind. Boonop het Francois en Vanessa onlangs die trotse ouers van ’n pragtige babaseuntjie geword. 

Boer soek 'n vrou S16 op kykNET met Marciel Hopkins as aanbieder.
Inskrywings vir die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou is nou oop. Foto: Verskaf

Marciel Hopkins, Boer soek ’n vrou-aanbieder, sê in ’n persverklaring dat dit vir haar ’n reuse-voorreg is om Boer soek ’n vrou vir ’n vierde seisoen aan te bied. 

“Ek is elke jaar van vooraf opgewonde oor al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet, die mooi plekke van ons land wat ek sal sien en natuurlik ook die pragtige liefdesstories wat geskryf gaan word,” sê sy.

Ek glo met my hele hart in Boer soek ’n vrou se potensiaal om die liefde te laat blom en dit maak my werk vir my lekker en opwindend.

Marciel Hopkins

“Die afgelope 15 seisoene het reeds bewys hoe mense se lewens wesenlik kan verander wanneer hulle die regte persoon vind om die lewe vorentoe mee aan te pak. Boer soek ‘n vrou is ’n wonderlike platform waardeur jy nuwe mense kan ontmoet en leer ken. Ek sal enigiemand aanmoedig om braaf te wees en in te skryf vir hul kans op liefde.” 

Volgens haar lê die sukses van die reeks deels daarin dat daar genoeg tyd is vir deelnemers om mekaar beter te leer ken. “Dit help wanneer belangrike toekomsbesluite geneem word,” sê sy.  

“Ek glo met my hele hart in Boer soek ’n vrou se potensiaal om die liefde te laat blom en dit maak my werk vir my lekker en opwindend.”

kykNET soek juis nou ’n nuwe oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 16de seisoen. 

Só kan boere inskryf:

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
  • Bel: 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel. 
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 7 September 2023 bereik.
  • Die top-tien boere vir die 16de seisoen sal op 29 Oktober tydens ’n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. 
  • Die 16de reeks sal van 11 Julie 2024 oudergewoonte op Donderdae om 20:00 op kykNET uitsaai. 

    Vorige seisoene van dié reeks is tans op Showmax beskikbaar om te stroom.

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

    Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

    Meer

    ‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

    Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

    Meer

    Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

    Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

    Meer

    Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

    Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

    Meer
    Sien alle opsies