Menu terloops
In Lysie-lysie [16 Sep 2024]

‘Nêrens, Noord-Kaap Deel II’: 5 redes om te kyk


” ’n Kunsrolprent wat in episodes verdeel is.” Só het Waldimar Pelser, M-Net-kanaaldirekteur vir Premium-kanale, onlangs die dramareeks ‘Nêrens, Noord-Kaap’ beskryf. Maar ons sê al lankal dat dié reeks ’n kroonjuweel is wat ons plaaslike TV-landskap betref. As jy wel nog oortuiging kort – hier is vyf redes om vir die tweede aflewering van die reeks in te skakel.

‘Nêrens, Noord-Kaap Deel II’: 5 redes om te kyk
Kyk lokprent

Toe die dramareeks Nêrens, Noord-Kaap in 2021 op kykNET debuteer het, was kykers van die begin af geboei en geroer deur die lief en leed van die Adendorffs en die mense in hul lewe.

Rozanne Els het destyds só in haar resensie oor die reeks se eerste deel geskryf: “…Dis die magie van hoe Scheepers ’n toneelstuk van slegs tussen 60 tot 75 minute lank in ’n storie vol vleis en bloed en binnestes vir TV geskep het. Dit behou, amper wonderbaarlik synde die TV-medium, sy karakter- en emosiegedrewe aard. Van aksie wat buitentoe uitgevoer word, is daar nie baie nie. Die sielsomwentelinge is egter volop.” 

Nou, drie jaar later, is dit tyd vir die tweede deel van hierdie meesleurende verhaal. 

Hier is vyf redes om Nêrens, Noord-Kaap Deel II te kyk:

1

Die hele familie is terug

Elkeen van die hoofkarakters – en die akteurs en aktrises wat hulle vertolk – keer terug die nuwe aflewereing. Frank Opperman is Pa Lourens, Geon Nel is Frans, Albert Pretorius is Ronnie en De Klerk Oelofse is Andries.

Jong Pa Lourens word gespeel deur Gideon Lombard; jong Frans deur Thommi Swanepoel; jong Ronnie deur Lehan Swanepoel en jong Andries deur Johannes Jordaan.

Klein Lourens, Ronnie se seun, word deur Arnold Swart vertolk. Ilse Klink, Dean Balie en Bianca Flanders is terug as Maggie, Jan-Jan en Chrissie. Marion Holm is Ans, Pa Lourens se suster, en die drie vroue in die Adendorff-broers se lewens is Lorrie (Shana Mans), Suzette (Daneel van der Walt) en Fleur (Melissa Willering).

Tinarie van Wyk Loots is Katja, die broers se ma wat in ’n motorongeluk gesterf het toe hulle nog kinders was. 

2

Nico Scheepers maak magic

Die skrywer en regisseur is die veelbekroonde Nico Scheepers. Die reeks is gegrond op sy toneelstuk Nêrens, Noord-Kaap, wat in 2017 by die Vrystaatfees in Bloemfontein debuteer het met Geon, Albert en De Klerk in die rolverdeling. Toe Nico aanvanklik deur kykNET genader is om dit in ’n dramareeks te verwerk, het hy gesê op een voorwaarde: Die rolle van die broers moet deur Geon, Albert en De Klerk gespeel word. Dit was toe ook só.

3

Agter die skerms

Die wenspan agter die skerms is dieselfde een wat vir die eerste seisoen verantwoordelik was.

Nagvlug Films is die vervaardigers, en Chris Lotz is die kinematograaf. Franco Prinsloo se meesleurende oorspronklike musiek is weer te hoor met Tim Pringle wat vir die klankontwerp gesorg het.

Die reeks is in die Nieuwoudtville-omgewing verfilm, asook in Melkbosstrand en in en om Kaapstad. 

4

Frans word 40

In die eerste episode van die tweede seisoen word Frans 40, en daar word partytjie op Lorrie en haar ma se plaas gehou. Ronnie, Suzette en klein Lourens kom van die Kaap af plaas toe, en Andries en Fleur vlieg van Nederland om daar te wees. Pa Lourens, Maggie, Jan-Jan en Chrissie en hulle kinders is ook deel van die feesvieringe. Daar is potjiekos op die spyskaart, en dit neem veral vir Frans terug na hul kinderdae. 

5

‘Laaste hoofstuk’

Nêrens, Noord-Kaap Deel II gaan die laaste seisoen van hierdie uitsonderlike reeks wees.

“Dit is die afsluiting van die storie,” sê Nico oor die besluit om dit Deel II in plaas van seisoen 2 te noem. “Dis soos ’n boek met 26 hoofstukke. Deel I was die eerste 13, en Deel II is die laaste 13. Episode 13 van Deel II is asof jy die laaste hoofstuk van ’n storieboek toemaak.”


    Nêrens, Noord-Kaap Deel II saai vanaf Dinsdag, 17 September 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uit. Nuwe episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    26

    ‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

    Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

    Meer

    Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

    Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

    Meer

    Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

    Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

    Meer

    Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

    Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

    Meer
    Sien alle opsies