Menu terloops
In Wat om te kyk [14 Okt 2024]

Jou telenovela-gids: Dís waarna jy in ‘My naam is Farah’ kan uitsien


’n Splinternuwe oorgeklankte Turkse telenovela, ‘My naam is Farah’, begin vandeesweek op kykNET&kie. Hier is ’n blik op wat jy oor die volgende drie weke kan verwag.

Stroom aanlyn

Jou telenovela-gids: Dís waarna jy in ‘My naam is Farah’ kan uitsien

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

My naam is Farah vervang die gewilde telenovela, Moederhart, wat onlangs ten einde geloop het.

Maandag, 14 Oktober

Farah en ander vroue ry deur ’n grenspos Türkiye toe. Sy gaan werk ’n nagskof in een van die vroue se plek, terwyl Gönül na Kerim kyk. Sy sien ’n moord plaasvind en smeek om haar lewe.

Dinsdag, 15 Oktober

Farah is in ’n toestand ná die vorige aand se gebeure, maar sy moet dit wegsteek. Die dokter het baie goeie nuus oor Kerim, maar die vreugde word gedemp deur ’n ongenooide besoeker.

Woensdag, 16 Oktober

Gonul is gebroke oor die dood van haar vriend Alp. Alp se ma beskuldig Mehmet dat hy nie ’n oog oor Alp gehou het nie. Mehmet is woedend as hy sien Tahir verlaat die polisiekantoor.

Donderdag, 17 Oktober

Memhet sukkel om sy frustrasies in toom te hou met die vordering in die saak. Hulle besef die moordtoneel is goed skoongemaak. Farah raak aan die slaap op die bus met rampspoedige gevolge.

Maandag, 21 Oktober

Tahir leer vir Kerim hoe om sokker te speel. Ali Galip besluit om lewenslank vir Kerim te sorg omdat Farah sy lewe gered het.

Dinsdag, 22 Oktober

Kaan ruk hand-uit by ’n nagklub nadat sy gewete hom opkeil. Mehmet waarsku Farah dat sy gesin nie in haar probleme ingesleep moet word nie.

My naam is Farah
Demet Özdemir is Farah Ersaid. Mandi Baard is vir Farah se stem in Afrikaans verantwoordelik. Foto: Verskaf

Woensdag, 23 Oktober

Farah verwag die ergste wanneer Tahir haar na ’n onbekende plek toe vat. Farah help Tahir se eks nadat sy probeer om haar eie lewe te neem.

Donderdag, 24 Oktober

Farah pleit by Tahir om haar lewe te spaar en belowe selfs om saam met hom ’n kriminele lewe te lei. Tahir spaar haar lewe… vir nou.

Maandag, 28 Oktober

Kaan gee vir Gonul ʼn hoop geld om vir die familie te gee. Mehmet neem ’n vrou in hegtenis.

Dinsdag, 29 Oktober

Kerim kom huis toe. Daar wag ’n groot verrassing vir hom. Mehmet twyfel nog steeds aan Farah se eerlikheid.

Woensdag, 30 Oktober

Tahir kry vir Farah by Ali Galip met rampspoedige gevolge. Mehmet kuier by Kerimsah en kry meer inligting as wat hy voor gehoop het.

Donderdag, 31 Oktober

Bekir breek by Farah se woonstel in om Tahir te kom haal. Tahir bereik ’n ooreenkoms met Ali Galiep, maar dit kom nie sonder probleme nie.


My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies