Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Nov 2024]

Jou telenovela-gids vir November 2024: ʼn Onverwagse troue, doodskote in ‘My naam is Farah’


Farah en Kerim se lewens is in gevaar en ʼn moordsaak dreig om dinge verder om te dolwe. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in November. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou telenovela-gids vir November 2024: ʼn Onverwagse troue, doodskote in ‘My naam is Farah’

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Maandag, 4 November 

Ali Galip stuur vir Tahir in die leeu se bek in nadat hy Ali se opdragte ondermyn het. Farah kry ʼn onwelkome besoeker by die werk.

Dinsdag, 5 November 

Farah is op die punt om ʼn verklaring af te lê wanneer Tahir bel met die nuus dat die skenker op pad hospitaal toe is. Gonul se onaangename verrassing by die klub het ʼn gelukkige nadraai.

Woensdag, 6 November

Ná Kerim se ontslag uit die hospitaal dring Tahir daarop aan dat Farah en Kerim by hom kom bly. Vera lig Kaan in oor ʼn besluit wat sy geneem het

Donderdag, 7 November

Farah is op die bus om gedeporteer te word, maar Tahir en Mehmet kom tot haar redding. Vera wil vir Kaan wegstuur om hom te beskerm, maar hy bied weerstand in ʼn uitbarsting teen sy ma.

Maandag, 11 November

Tahir neem vir Farah en Kerim in vir hul eie veiligheid. Gonul het ʼn openhartige gesprek met Kaan. Mehmet en Farah het ʼn hewige argument oor haar immigrasie-status.

Dinsdag, 12 November

Tahir laat Farah verstaan dat sy nou op haar eie is. Vera probeer om Farah te oortuig dat sy stil moet bly oor Kaan en maak beloftes aan haar.

My naam is Farah
Engin Akyürek, Rastin Paknahad, en Demet Özdemir in My naam is Farah. Foto: Verskaf

Woensdag, 13 November

Farah is gereed om getuienis te lewer dat sy Kaan die moord sien pleeg het, en Mehmet reël die onderhoud met die staatsaanklaer. Gaan Farah uiteindelik getuienis lewer?

Donderdag, 14 November

Tahir beloof Farah om haar te help om burgerskap te verkry. Terwyl Farah by Vera aan huis is, word Kaan in hegtenis geneem. Ali gee vir Bekir opdrag om Farah by die huis gevange te hou.

Maandag, 18 November

Terwyl Kaan van moord aangekla word, word Farah deur Bekir aangerand en daar is verreikende gevolge. Tahir vlug met Farah en Kerim.

Dinsdag, 19 November

Die band tussen Tahir en Kerim groei wanneer hulle ʼn bietjie vrede ervaar. Farah bely haar skuld aan Vera, wat dan deur Ali Galip gebruik word om vir Tahir terug na die Akincis te lok.

Woensdag, 20 November

Kaan word vrygelaat en Ali Galip maak vrede met Tahir. Mehmet is woedend omdat hy glo dat Tahir vir hom ʼn vervalste bewysstuk gegee het.

My naam is Farah
Engin Akyürek en Demet Özdemir in My naam is Farah. Foto: Verskaf

Donderdag, 21 November

Gedagtes rondom ʼn gerieflikheidshuwelik word om die Akinci-etenstafel bespreek. Bade waarsku die familie teen die gevare daarvan.

Maandag, 25 November

Tahir en Farah besluit om te trou sodat sy en haar seun veilig kan wees, maar Ali Galip sorg soos gewoonlik dat daar ʼn prys te betaal is. Kaan blyk onskuldig te wees.

Dinsdag, 26 November

Gewapende mans val aan by Farah en Tahir se huwelikseremonie. Gonul en Perihan is geskok as hulle uitvind met wie sy trou.

Woensdag, 27 November

Bade probeer Mehmet oorreed om die ondersoek na die moordsaak te laat vaar, maar hy weier. Farah is hoogs ontsteld omdat sy dink Tahir het Mehmet doodgeskiet, maar hy ontken dit.

Donderdag, 28 November

Mehmet word oor die aanpassing van sy skorsing ingelig. Kaan en Gönül beplan om saam weg te gaan. Tahir en Mehmet raak handgemeen.


My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies