Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Nov 2024]

Jou telenovela-gids vir November 2024: ʼn Onverwagse troue, doodskote in ‘My naam is Farah’


Farah en Kerim se lewens is in gevaar en ʼn moordsaak dreig om dinge verder om te dolwe. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in November. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou telenovela-gids vir November 2024: ʼn Onverwagse troue, doodskote in ‘My naam is Farah’

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Maandag, 4 November 

Ali Galip stuur vir Tahir in die leeu se bek in nadat hy Ali se opdragte ondermyn het. Farah kry ʼn onwelkome besoeker by die werk.

Dinsdag, 5 November 

Farah is op die punt om ʼn verklaring af te lê wanneer Tahir bel met die nuus dat die skenker op pad hospitaal toe is. Gonul se onaangename verrassing by die klub het ʼn gelukkige nadraai.

Woensdag, 6 November

Ná Kerim se ontslag uit die hospitaal dring Tahir daarop aan dat Farah en Kerim by hom kom bly. Vera lig Kaan in oor ʼn besluit wat sy geneem het

Donderdag, 7 November

Farah is op die bus om gedeporteer te word, maar Tahir en Mehmet kom tot haar redding. Vera wil vir Kaan wegstuur om hom te beskerm, maar hy bied weerstand in ʼn uitbarsting teen sy ma.

Maandag, 11 November

Tahir neem vir Farah en Kerim in vir hul eie veiligheid. Gonul het ʼn openhartige gesprek met Kaan. Mehmet en Farah het ʼn hewige argument oor haar immigrasie-status.

Dinsdag, 12 November

Tahir laat Farah verstaan dat sy nou op haar eie is. Vera probeer om Farah te oortuig dat sy stil moet bly oor Kaan en maak beloftes aan haar.

My naam is Farah
Engin Akyürek, Rastin Paknahad, en Demet Özdemir in My naam is Farah. Foto: Verskaf

Woensdag, 13 November

Farah is gereed om getuienis te lewer dat sy Kaan die moord sien pleeg het, en Mehmet reël die onderhoud met die staatsaanklaer. Gaan Farah uiteindelik getuienis lewer?

Donderdag, 14 November

Tahir beloof Farah om haar te help om burgerskap te verkry. Terwyl Farah by Vera aan huis is, word Kaan in hegtenis geneem. Ali gee vir Bekir opdrag om Farah by die huis gevange te hou.

Maandag, 18 November

Terwyl Kaan van moord aangekla word, word Farah deur Bekir aangerand en daar is verreikende gevolge. Tahir vlug met Farah en Kerim.

Dinsdag, 19 November

Die band tussen Tahir en Kerim groei wanneer hulle ʼn bietjie vrede ervaar. Farah bely haar skuld aan Vera, wat dan deur Ali Galip gebruik word om vir Tahir terug na die Akincis te lok.

Woensdag, 20 November

Kaan word vrygelaat en Ali Galip maak vrede met Tahir. Mehmet is woedend omdat hy glo dat Tahir vir hom ʼn vervalste bewysstuk gegee het.

My naam is Farah
Engin Akyürek en Demet Özdemir in My naam is Farah. Foto: Verskaf

Donderdag, 21 November

Gedagtes rondom ʼn gerieflikheidshuwelik word om die Akinci-etenstafel bespreek. Bade waarsku die familie teen die gevare daarvan.

Maandag, 25 November

Tahir en Farah besluit om te trou sodat sy en haar seun veilig kan wees, maar Ali Galip sorg soos gewoonlik dat daar ʼn prys te betaal is. Kaan blyk onskuldig te wees.

Dinsdag, 26 November

Gewapende mans val aan by Farah en Tahir se huwelikseremonie. Gonul en Perihan is geskok as hulle uitvind met wie sy trou.

Woensdag, 27 November

Bade probeer Mehmet oorreed om die ondersoek na die moordsaak te laat vaar, maar hy weier. Farah is hoogs ontsteld omdat sy dink Tahir het Mehmet doodgeskiet, maar hy ontken dit.

Donderdag, 28 November

Mehmet word oor die aanpassing van sy skorsing ingelig. Kaan en Gönül beplan om saam weg te gaan. Tahir en Mehmet raak handgemeen.


My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies