Menu terloops

Mrs. Davis S1

Op Showmax [Gepubliseer op 5 Jun 2023]


‘Mrs. Davis’ is ’n “bandeloos vindingryke en duiselingswekkende genotvolle aksie-avontuur,” skryf ‘The Age’ in hul resensie oor dié reeks.

Kyk nou

Mrs. Davis S1
Kyk lokprent

Wie sal – of kan – kunsmatige intelligensie teenstaan? Wel, in Mrs. Davis is Simone (vertolk deur Gaslit se Betty Gilpin) ’n non wat vasbeslote is om ene Mrs Davis – die wêreld se voorste AI – te vernietig. 

Ook in die rolverdeling is David Arquette van Scream-faam, die meermalige Emmy-wenner Margo Martindale (Justified, The Americans) en Elizabeth Marvel (Love & Death, Homeland, House of Cards).

Dié komediedrama het ’n punt van 91% op Rotten Tomatoes. Daar lui die kritici se konsensus dat dié reeks “positively bonkers” is met Gilpin as ’n moderne held in ’n “verbeeldingsryke mengsel van spiritualiteit en tegnologie”. 

Die reeks is geskep deur Tara Hernandez en die bekroonde Damon Lindelof. Lindelof is bekend vir reekse soos Lost en The Leftovers wat dikwels genres vermeng, en elemente van wetenskapfiksie en geloof insluit. Dít is dan ook die geval met Mrs. Davis, met Simone se geloof wat as rigtingwyser in haar “oorlog” teen tegnologie dien.


Die eerste twee episodes is vanaf Maandag, 5 Junie 2023, op Showmax beskikbaar. Daarna sal episodes weekliks op Maandae beskikbaar wees, met die finale se dubbelepisode op 10 Julie. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
Sien alle opsies