Menu terloops

Gaslit S1

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Mei 2023]


‘Gaslit’, met Julia Roberts in die hoofrol, is ’n vernuwe vertelling van die Watergate-skandaal wat in die 1970’s afgespeel het.

Kyk nou

Gaslit S1
Kyk lokprent

Gaslit is ’n kombinasie van politieke drama en satire. Die reeks is gegrond op die eerste seisoen van Leon Neyfakh se podcast, Slow Burn. Dit fokus op dele van die Watergate-skandaal wat nog redelik onbekend is. Dit sluit onder meer die rol in wat sekere fluitjieblasers gespeel het om president Richard Nixon vir sy misdrywe te laat boet.

Die spil draai hoofsaaklik om Roberts se karakter, Martha Mitchell. Mitchell was, ten spyte van haar man se posisie as prokureur-generaal in die Withuis, een van die eerste mense wat hardop Nixon se betrokkenheid by Watergate uitgewys het. Dié besluit het nie net politieke gevolge gehad nie – haar persoonlike lewe het ook ontrafel.

Gaslit het ’n punt van 89% op Rotten Tomatoes met die Financial Times wat Roberts se spel as “magneties” bestempel. The Age se resensie lui: “Gaslit mag dalk na Watergate met ’n nuwe lens kyk, maar die lesse is steeds geweldig relevant.”


Vanaf Maandag, 22 Mei 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies