Menu terloops

Gaslit S1

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Mei 2023]


‘Gaslit’, met Julia Roberts in die hoofrol, is ’n vernuwe vertelling van die Watergate-skandaal wat in die 1970’s afgespeel het.

Kyk nou

Gaslit S1
Kyk lokprent

Gaslit is ’n kombinasie van politieke drama en satire. Die reeks is gegrond op die eerste seisoen van Leon Neyfakh se podcast, Slow Burn. Dit fokus op dele van die Watergate-skandaal wat nog redelik onbekend is. Dit sluit onder meer die rol in wat sekere fluitjieblasers gespeel het om president Richard Nixon vir sy misdrywe te laat boet.

Die spil draai hoofsaaklik om Roberts se karakter, Martha Mitchell. Mitchell was, ten spyte van haar man se posisie as prokureur-generaal in die Withuis, een van die eerste mense wat hardop Nixon se betrokkenheid by Watergate uitgewys het. Dié besluit het nie net politieke gevolge gehad nie – haar persoonlike lewe het ook ontrafel.

Gaslit het ’n punt van 89% op Rotten Tomatoes met die Financial Times wat Roberts se spel as “magneties” bestempel. The Age se resensie lui: “Gaslit mag dalk na Watergate met ’n nuwe lens kyk, maar die lesse is steeds geweldig relevant.”


Vanaf Maandag, 22 Mei 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies